Modulekode | JMH 300 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Opvoedkunde |
Module-inhoud | Hierdie module het ten doel om studente toe te rus om die vak Geskiedenis, soos deur die NKV en die KABV voorgeskryf, suksesvol aan te bied. Studente bestudeer die teoretiese begronding van geskiedkundige geskrifte, inhoud van die syllabus en hoe om dit aan te spreek, en die vereistes van die eksamens in Geskiedenis. Studente moet onderrigaktiwiteite voorberei volgens die vereistes van die skoolsillabus sodat hulle voorbereid kan wees vir hulle rol as Geskiedenisonderwysers. Studente bied lesse aan deur middel van mikro-onderrig en pas relevante assessering en vraagstelling toe; bestudeer die gebruik van spotprente, pas kruiskurrikulering in lesbeplanning toe; stel 'n erfenisopdrag op; beplan en berei 'n Geskiedenisuitstappie voor; en pas kommunikasievaardighede toe in die onderrig van Geskiedenis. |
Modulekrediete | 6.00 |
Programme | |
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Kontaktyd | 1 lesing per week, 2 praktiese sessies per week |
Onderrigtaal | Afrikaans en Engels word in een klas gebruik |
Departement | Geesteswetenskaplike Opvoedkunde |
Aanbiedingstydperk | Semester 1 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App