Jaarboeke

Program: MEd Opvoedkundige Sielkunde (Gedoseer)

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
09250203 Fakulteit Opvoedkunde
Credits Duration
Minimum duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 240

Programinligting

Die sluitingsdatum vir die program is 31 Julie en keuring vind plaas in Augustus. Die program sluit praktiese werk in. Dit voldoen aan die vereistes wat gestel word vir registrasie as Opvoedkundige Sielkundige by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika, na voltooiing van ’n internskap in Opvoedkundige Sielkunde aan ’n inrigting wat deur die genoemde Raad vir die doel goedgekeur is. Die Universiteit staan onder geen verpligting teenoor studente om internskappe te voorsien of te reël nie.

Studente word voorwaardelik gekeur tydens die formele keuring wat plaasvind in Augustus. Bekragtiging van keuring vind plaas in die daaropvolgende Junie van elke jaar. Die Departement van Opvoedkundige Sielkunde behou derhalwe die reg om ’n student se toelating tot die program te heroorweeg gedurende die eerste ses maande van studie, gebaseer op gedemonstreerde opleidings- en beroepsgerigte vermoëns.

Toelatingsvereistes

Behoudens die bepalings van Algemene Regulasie G.30 tot G.62 kan ’n kandidaat toegelaat word indien hy/sy voldoen aan die volgende vereistes:

  •  ’n BEdHons-graad BEd (Nagraads); of
  •  ’n toepaslike honneursgraad en ’n onderwysdiploma; en
  •  ’n gemiddelde van 60% in die honneurs- of verwante eksamen behaal het.

Die Senaat kan:

  •  ’n gegradueerde van ’n ander universiteit (hetsy in Suid-Afrika of elders) tot ’n status aan die Universiteit toelaat wat gelykstaande is aan die status wat hy of sy aan so ’n ander universiteit geniet;
  •  ’n persoon wat aan ’n ander universiteit of inrigting (hetsy in Suid-Afrika of elders) geslaag het in eksamens wat na die oordeel van die Senaat gelykwaardig is aan of hoër is as die eksamens wat voorgeskryf is vir ’n graad aan die Universiteit wat ’n voorvereiste is vir toelating tot ’n bepaalde nagraadse studieprogram of vir die toelating van so ’n persoon as navorsingstudent; of
  •  op ’n ander wyse ’n standaard van bekwaamheid bereik het wat na die oordeel van die Senaat vir die doeleindes van nagraadse studie of navorsing aan die Universiteit toereikend is as student vir ’n nagraadse graad of sertifikaat toelaat.

Addisionele Toelatingsvereistes

  •  Opvoedkunde III
  •  Sielkunde III
  •  BEdHons-graad in Opvoedkundige Sielkunde/
  •  BPsych-graad/Honneursgraad in Sielkunde

Addisionele vereistes

Alle aansoeke is onderworpe aan keuring.

Die keuring is gebaseer op:

  • Voldoening aan die minimum toelatingsvereistes;
  • Vorige akademiese prestasies;
  • Toepaslike akademiese en/of onderwyservaring;
  • Beskikbaarheid van leiding vir die voorgekrewe navorsingsprojek;
  • Bewese akademiese potensiaal, wat akademiese kommunikasie en rekenaarvaardighede insluit;
  • ‘n Onderhoud kan ook addisioneel vereis word;
  • Die registrasie by professionele rade;
  • Finale diskresie lê by die Departementshoof.

Ander programspesifieke inligting

  • Hernuwing van registrasie na die tweejaartydperk word slegs onder buiten-gewone omstandighede toegelaat, in welke geval die departementshoof goedkeuring mag verleen vir 'n vasgestelde beperkte verlenging van die tydperk, volgens die vasgestelde prosedures.
  • Studente word twee geleenthede gebied om NMQ 800 te slaag. Onsuksesvolle kandidate sal nie toegelaat word om met die program voort te gaan nie;
  • Hierdie vereiste is van toepassing op beide die gedoseerde sowel as die suiwer navorsingsmagistergrade.

Navorsing

Alle magisterstudente moet 'n verhandeling of 'n miniverhandeling indien, en moet Navorsingsvoorstel (NMQ 800) slaag. Vir die MEd-graad met verhandeling, moet studente 'n verhandeling wat handel oor ’n onderwerp wat deur die Dekaan op aanbeveling van die Departementshoof goedgekeur is, voorlê nadat ’n volledige navorsingsvoorstel goedgekeur is. ’n Literatuurstudie is nie aanvaarbaar nie.

  • Een publiseerbare artikel gebaseer op die navorsing wat die student vir die verhandeling of miniverhandeling gedoen het en wat deur die leier goedgekeur is, moet ingedien word. Die toekenning van die graad is onderhewig aan die nakoming van hierdie vereiste. Die artikel moet voor 15 Februarie vir die Herfspromosieplegtighede en voor 15 Julie vir die Lentepromosieplegtighede by die Studenteadministrasie ingedien word.
  • Benewens die eksemplare van die verhandeling waarna hierbo verwys word, moet elke suksesvolle student een gebinde papiereksemplaar en twee elektroniese kopieë van die goedgekeurde miniverhandeling/verhandeling by die Hoof: Studenteadministrasie indien in die formaat soos deur die fakulteit gespesifiseer en in ooreenstemming met die minimum spesifikasies wat deur die Departement Biblioteekdienste gestel is, voor 15 Februarie vir die Herfspromosieplegtighede en voor 15 Julie vir die Lentepromosieplegtighede by gebreke waarvan die graad eers by ’n daaropvolgende reeks plegtighede toegeken sal word. Die spesifikasie is beskikbaar by:
  • http://upetd.up.ac.za/authors/publish/standards.htm#specs).
  • Alle studente moet tydens die eerste jaar van registrasie ’n navorsingsvoorstel indien en suksesvol verdedig voor 'n eksamineringspaneel wat deur die Dekaan, in oorleg met die betrokke Departementshoof, Studieleier en Navorsingskoördineerder aangewys word, alvorens daar met die navorsing 'n aanvang geneem kan word.
  • Studente moet by die departementshoof en Etiekkomitee om etiese klaring aansoek doen en slegs met veldwerk begin wanneer die aansoek om etiese klaring deur die Etiekkomitee goedgekeur is.
  • Studente moet jaarliks 'n vorderingsverslag oor die navorsing aan die studieleier voorlê. Voortgesette herregistrasie is onderworpe aan bevredigende jaarlikse vordering.
  • Alle studente moet die navorsingsontwikkelingsessies oor kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsing op meestersvlak bywoon.

Slaag met lof

Die gedoseerde MEd-graad word met lof toegeken aan 'n student wat 75% vir die miniverhandeling sowel as 'n gemiddelde van 75% in die res van die modules behaal het.

Minimum krediete: 240

Al die Kern modules, NMQ 800 (Navorsingsvoorstel) en een van die miniverhandelinge (BOP, ODK, OPG or OUB 895) moet gekies word in die 1ste jaar. Wanneer  die "Navorsingsvoorstel" geslaag is in die 1ste jaar, moet net die "miniverhandeling" weer gekies word in die finale jaar. Studente word twee geleenthede gebied om NMQ 800 te slaag.

Fundamentele modules

  • Module-inhoud:

    Ontwikkeling van 'n navorsingsvoorstel. Navorsingsmetodologie. Oorsig en beginsels van kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsingsmetodes. Datainsamelingstegnieke, data analise metodes, paradigm-analieses en teoretiese raamwerke vir opvoedkundige studies. Globale teoretiese perspektiewe in Opvoedkunde.

    Sien meer

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Die beroepsbestuurproses: Teorie en toepassing. Fases van loopbaanontwikkeling. Kontemporêre vraagstukke in beroepsbestuur. Beroepsbestuur binne werksomgewings. Post-modernistiese benadering tot beroepsbestuur. Die praktyk van begeleiding en berading: Onderhoudvoering, implementering en interpretering van media, diagnosering, verwysing, verslagskrywing.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Fundamentele benadering(s) rakende leerhindernisse, met verwysing na die Suid- Afrikaanse konteks; teoretiese raamwerk(e) vir diagnostiese assessering met betrekking tot akademiese prestasieprobleme in die Suid-Afrikaanse konteks; oefening in die selfstandige integrasie en sintese van relevante onderwerp-spesifieke literatuur ter voorbereiding van eie navorsing: neuropsigologiese funksionering, taal (T1 en T2), lees, skryf, spelling, gesyferdheid en wiskundige vaardighede, studievaardighede, onderwys- en omgewingsbenadeeldheid. Professionele vaardighede en waardes van verantwoordbare diagnostiese assesseringspraktyk en verslagvoering van bevindings met betrekking tot leerders se akademiese prestasieprobleme in die Suid-Afrikaanse konteks.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Leerondersteuning in Suid-Afrika: kontekstualisering. Die leerder en leerondersteuning, inklusiewe onderwys. Leerondersteuning op mikrovlak. Groepwerk.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die opvoedkundige sielkundige as konsultant en fasiliteerder binne ‘n multi-kulturele raamwerk; onderliggende teorie en benadering tot opvoedkundige sielkundige assessering en intervensie. Forensiese dimensie. Die onderliggende beginsels van kinderpsigoterapie. Die opvoedkundige sielkundige as persoon. Verskillende assesserings- en terapeutiese benaderings en die gefundeerde gebruik daarvan by kinders met emosionele en gedragsprobleme. ‘n Repertoire van assesserings- en terapeutiese tegnieke vir gebruik tydens assessering van en terapie met kinders. Beginsels vir die beplanning en implementering van terapie met kinders en andragogiese intervensie met ouers.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Praktiese module: assessering en ondersteuning van kinders met emosionele, gedrags, leer- en beroepsverwante behoeftes. Analise van gesinne. Gemeenskapswerk. Groepwerk. Implementering en interpretering van sielkundige media, diagnostisering, verwysing, verslagskrywing, sowel as terugvoer aan ouers. Multidissiplinêre samewerking. Ouerbegeleiding. Onderhoudsvaardighede binne die raamwerk van die opvoedkundige sielkundige model van hulpverlening. Luister- en kommunikasievaardighede. Etiese aspekte en die regte van die kliënt. Die praktyk van die opvoedkundige sielkundige.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Diversiteit in gesinsfunksionering; gesinslewensiklus en ontwikkeling; parameters vir gesinsfunksionering; gesinsveerkragtigheidsmodelle vir die analise van gesinsfunksionering. Analise van besondere gesinsituasies, gesinsgeoriënteerdeintervensie ten opsigte van elkeen van hierdie aspekte as die sentrale tema.

    Sien meer

Keusemodules

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences