Jaarboeke

Program: PGDip Algemene Ultraklank

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10220007 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 120
Contact:
Dr HM Swanepoel
[email protected]
+27 (0)129972438

Toelatingsvereistes

  • Voornemende studente moet in besit wees van 'n MBChB-graad. Alle kandidate moet as 'n mediese dokter by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika geregistreer wees.

 

Ander programspesifieke inligting

Kies een van die volgende aan die einde van die eerste semester:

  • Kardio-ultraklank
  • Obstetrie
  • Algemeen
  • Vaskulêr

Eksamens en slaagvereistes

  1. Studente moet minstens 50% behaal in al die praktiese assesserings en werkopdragte van elke semester.
  2. ’n Praktiese eksamen (ULT 751) vind plaas aan die einde van die tweejaarprogram.
  3. Die finale skriftelike eksamen (ULT 750) is in die vorm van ’n portefeulje van die deurlopende skriftelike beoordelings gedurende elke module voltooi.
  4. ’n Finale punt van minstens 50% word vereis in beide die portefeulje en die praktiese eksamen om te slaag.

Slaag met lof

'n Gemiddelde van minstens 75% in al die modules word vereis om die diploma met lof te behaal.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences