Jaarboeke

Program: NGSHO

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
09227050 Fakulteit Opvoedkunde
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 120
Contact:
Prof PH du Toit
[email protected]
+27 (0)124202817

Toelatingsvereistes

  • 'n Baccalaureusgraad aan ? erkende universiteit; of
  • 'n Nasionale Diploma; of
  • 'n Nasionale Senior Sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes of ander gelykwaardige kwalifikasie, en ? ander M+3 kwalifikasie wat tesame met gepaste ondervinding, na oordeel van die Dekaan toelating tot die program regverdig.
  • Studente wat nie oor die nodige toelatingsvereistes (M+3) beskik nie, kan deur die voorlegging van ? portefeulje wat hulle werkverwante ervaringe uiteensit, die “erkenning van vorige leerervaringe (EVL)-roete” volg om vir toelating tot die program oorweeg te word. Hierdie portefeulje moet in oorleg met die pakketkoördineerder opgestel word en saam met die aansoek om toelating voor die sluitingsdatum ingedien word.

 

Slaag met lof

Ten einde die sertifikaat met lof te verwerf, moet ’n student ’n gemiddelde van 75% behaal, met ’n minimum van 70% in elke module.

Minimum krediete: 120

Alle "Fundamentele modules" en "Kernmodules" moet gekies word saam met twee "Keusemodules".

Fundamentele modules

  • Module-inhoud:

    Die funksie van leeronderhandelaar en fasiliteerder van leer as sentrale rol van die hoëronderwyspraktisyn. Toegepaste en geïntegreerde rolle van die praktisyn. Fasilitering van leer gemik op diverse behoeftes van leerders, insluitend leerders met spesiale behoeftes. Skep van leergeleenthede wat bevorderend is vir leer. Leerstylveelsydigheid en meervoudige intelligensies. Effektiewe onderwyskommunikasie. Implementering van strategieë en gebruik van bronne gepas vir die Suid-Afrikaanse konteks. Begeleiding van studente. Akademiese ontwikkeling oor die kurrikulum. Volwasseneleerteorie. Toepassing in outentieke praktyk.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Professionele ontwikkeling van hoër onderwyspraktisyns. Selfassessering. Ontwikkeling van die volle potensiaal van die praktisyn. Die rol van aksienavorsing. Ontwikkeling van ‘n professionele portefeulje.

    Sien meer

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Metodes van formatiewe en summatiewe assessering. Basiese beginsels van verantwoordbare assessering. Rekordhouding van leer. Assesseringsinstrumente.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die rol en profiel van die onderwys-, opleidings- en ontwikkelingspraktisyn. Leierskap, administrasie en bestuur. Konflikbestuur. Spanbestuur. Netwerke.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Verkenning van modelle en beginsels van kurrikulumontwikkeling. Aanpassing van beginsels vir voldoening aan die vereistes van uitkomsgebaseerde kurrikulumontwikkeling. Ontwikkeling van ‘n studiehandleiding/-gids as uitkoms van uitkomsgebaseerde kurrikulumontwikkeling. Leer deur, vir en aangaande probleemgebaseerde leer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Nasionale beleid in hoër onderwys en gemeenskapdienslewering; burgerskap; kenmerke van effektiewe gemeenskapdiensprogram; fundamentele kenmerke van gemeenskapdiensvennootskappe; ontwikkeling van ‘n kampusgemeenskapsteorie en praktyk; ontwikkeling van infrastruktuur vir gemeenskapdiens en gemeenskapsbetrokkenheid; vennootskappe tussen diensleweringorganisasies en hoëronderwysinstellings; beginsels en profiele van vennootskappe met gemeenskaporganisasies; vennootskappe vir aksienavorsing; betrokkenheid van korporatiewe vennote; gemeenskapdiensprojek.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Media as leerbronne. Ontwikkeling en gebruik van media deur die leerder. Media en heelbreinleer, maksimering van meervoudige intelligensies, maksimering van potensiaal. Lae- en hoëvlaktegnologie. Multimedia-leerpakkette.

    Sien meer

Keusemodules


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences