Jaarboeke

Program: BTh

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
06130006 Fakulteit Teologie
Credits Duration
Duur van studie: 3 jaar Totale krediete: 375

Programinligting

Hierdie program het ten doel om algemene teologiese opleiding aan studente te verskaf wat die Nasionale Senior Sertifikaat geslaag het vir graadstudies. Dit bied ’n basis vir eie-kerklike programme, vorming en praktiese opleiding met die oog op Woordbediening.

’n Vaste leergang met beperkte keuses word voorgeskryf. ’n Student wat vir hierdie program wil registreer, moet aan die begin van elke akademiese jaar sy of haar leergang aan die Programkoördineerder vir goedkeuring voorlê.

Toelatingsvereistes

  • Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat oor ‘n sertifikaat beskik wat deur die Universiteit as gelykstaande aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes aanvaar word; ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander tersiêre instelling is of die status van ‘n gegradueerde van so ‘n instelling geniet; en ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander fakulteit van die Universiteit van Pretoria is.
  • Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die TPT.

?

Minimum vereistes 

Prestasievlak

TPT

Afrikaans of Engels

NSS/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

4

3

D

D

25
(23-24
toelating gebaseer op die NBT)

Ander programspesifieke inligting

Notas:

  • Akademiese geletterdheid: VAG 110 (nie verpligtend as die kandidaat op grond van die NSS-simbool vir Afrikaans vrygestel is nie) en VAG 120 moet gedurende die eerste studiejaar van die program afgehandel word. Alle studente moet VAG 120 slaag as deel van die voorgeskrewe leerplan.
  • Rekenaargeletterdheid: Die volgende modules moet gedurende die eerste jaar van studie afgehandel word: AIM 101 of AIM 102 (of AIM 111 en AIM 121).
  • Indien daar nie genoeg studente vir ’n keusemodule inskryf ten einde die aanbieding daarvan ekonomies te regverdig nie, kan die Dekaan besluit om so ’n module te onttrek. Studente sal betyds van so ’n besluit ingelig word, sodat hulle vir ’n ander module kan inskryf.
  • ’n Student mag die getal modules per studiejaar met twee semestermodules of een jaarmodule oorskry, mits die Dekaan dit goedkeur. 
  • Hoogstens twee semestermodules uit ’n ander fakulteit mag deur die Dekaan goedgekeur word op voorwaarde dat dit voldoende krediete verteenwoordig en nie aangebied is vir ’n graad wat reeds toegeken is nie.
  • CYE word nie in ag geneem nie.
  • OST410 behels ’n onafhanklike studie oor ’n onderwerp in enige van die vakke van die BTh-leergang (Praktykvorming uitgesluit) onder leiding van ’n dosent van die betrokke departement.

Eksamens en slaagvereistes

Spesiale eksamen
Sien Algemene Regulasies G.12.4 en G.12.6.
’n Student wat aan al die vereistes vir die graad voldoen het met uitsondering van hoogstens twee semestermodules of een jaarmodule waarin hy of sy ’n gesamentlike syfer van minstens 40% behaal het, mag toegelaat word om aan die einde van die daaropvolgende semester ’n spesiale eksamen in die betrokke modules af te lê.

Bevordering tot volgende studiejaar

  1. Om tot modules van die tweede studiejaar toegelaat te word, moet ’n student in minstens sewe semestermodules slaag, tensy die Dekaan anders beslis.
  2. Om tot modules van die derde studiejaar toegelaat te word, moet ’n student in minstens 15 semestermodules slaag, waarby ingesluit Grieks 110 en 120 en Hebreeus 110 en 120, tensy die Dekaan anders beslis.
  3. Om tot modules van die vierde studiejaar toegelaat te word, moet ’n student 24 semestermodules slaag, waarby ingesluit Grieks 210 en 220 en Hebreeus 210 en 220, tensy die Dekaan anders beslis.

Akademiese uitsluiting
Die Dekaan mag op aanbeveling van die betrokke fakulteitskomitee, ’n student akademies uitsluit deur die registrasie vir die bepaalde jaar of vir die volgende jaar te beëindig, indien hy/sy nie aan die minimum vereistes voldoen nie. U mag teen akademiese uitsluiting appelleer.

Slaag met lof

Die graad word met lof aan ‘n student toegeken wat ten minste ‘n gemiddelde van 75% (GPA) in al die voorgeskrewe modules van die finale jaar behaal het en 75% in die onafhanklike studie (OST 410), op voorwaarde dat nie een van die modules voorheen gedruip is nie en dat die program binne die voorgeskrewe minimum tydperk voltooi is.

Minimum krediete: 120

Keusemodules

A semester module van 'n ander fakulteit moet gekies word, indien nodig.Die minimum krediet benodig is 120.

Fundamentele modules

Kernmodules

Keusemodules

  • Module-inhoud:

    Deel 1: Die individu en die samelewing
    'n Inleiding tot sosiologie en die klassike sosiologiese paradigma en die beginsels van die sosiologiese navorsingsmetodes.

    Deel 2: Die totstandkoming van die Suid-Afrikaanse orde

    Hierdie afdeling ondersoek sleutelfaktore wat tot die totstandkoming en vorming van die kontemporêre Suid-Afrikaanse sosiale orde aanleiding gegee het en skenk oorweging aan die sosiologiese implikasies hiervan. Studente word bekendgestel aan die politieke ekonomie van Suid-Afrika, met klem op die aard van die Suid-Afrikaanse industrialiseringsproses, proletariaatvorming, en die instelling van die trekarbeidstelsel. Hierbenewens word die rassestaat, die fondamente van hierdie staat se sosiale projek, sowel as die ruimtelike vorm van Suid-Afrika se 20ste-eeuse rassemoderniteit onder die loep geneem. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    *Alternative evening classes: 2 discussion classes per week
    Introduction to Literature in English (2)
    This module introduces the study of post-nineteenth century literature by examining a number of texts representing different genres (poetry, drama, prose). Texts will be from both Africa and other parts of the world. By the end of this module students should have the background and analytical skills to perceptively read modern and contemporary poetry, novels and plays.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot die Filosofie Die twee semestermodules in die eerste jaar bied studente ? inleiding tot die vier hoof- onderafdelings van Filosofie, te wete epistemologie, metafisika, etiek, en politieke filosofie. Hierdie module bied ’n inleiding tot twee van hierdie onderafdelings. Studente moet die Departement Filosofie kontak om vas te stel watter twee onderafdelings in watter semester aangebied word, aangesien die keuse mag wissel van tyd tot tyd op grond van beskikbaarheid van onderrigpersoneel. Studente sal bekendgestel word aan die aard van filosofiese nadenke deur ’n aantal klassieke filosofiese temas in elke onderafdeling te ondersoek. Regdeur die module word daar aandag gegee aan die ontwikkeling van daardie kritiese denk-, lees- en skryfvaardighede wat in die Filosofie vereis word, terwyl studente bekendgestel word aan die krag van kritiek as onderskeidingsvermoë en oordeelkundigheid.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot die Filosofie Die twee semestermodules in die eerste jaar bied studente ? inleiding tot die vier hoof- onderafdelings van Filosofie, te wete epistemologie, metafisika, etiek, en politieke filosofie. Hierdie module bied‚ ’n inleiding tot twee van hierdie onderafdelings. Studente moet die Departement Filosofie kontak om vas te stel watter twee onderafdelings in watter semester aangebied word, aangesien die keuse mag wissel van tyd tot tyd op grond van beskikbaarheid van onderrigpersoneel. Studente sal bekendgestel word aan die aard van filosofiese nadenke deur ’n aantal klassieke filosofiese temas in elke onderafdeling te ondersoek. Regdeur die module word daar aandag gegee aan die ontwikkeling van daardie kritiese denk-, lees- en skryfvaardighede wat in die Filosofie vereis word, terwyl studente bekendgestel word aan die krag van kritiek as onderskeidingsvermoë en oordeelkundigheid.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Deel 1: Die sosiologie van instellings
    Die sosiale dinamiek van samelewingsinstellings soos die gesin, die staat, die ekonomie, godsdiens, onderwys, en burgerlike samelewing met ’n spesifieke fokus op die Suider-Afrikaanse problematiek word in hierdie afdeling behandel.

    Deel 2: Sosiale stratifisering: Ras, klas en gender
    Die aard en dinamiek van sosiale stratifisering en ongelykheid sal ondersoek word. Ras, gender en klas is die fokuspunte van die afdeling. Die Suid-Afrikaanse ervaring word beklemtoon.

    Sien meer

Minimum krediete: 135

Kernmodules

Minimum krediete: 120

Keusemodules:

Ses (6) modules van die voorgeskrewe lys, in slegs een vak mag albei keusemodules gekies word.

Kernmodules

Keusemodules


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences