Jaarboeke

Program: MA Diplomatieke Studies (Gedoseer)

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01250407 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 180
Contact:
Mr RD Henwood
[email protected]
+27 (0)124202687

Toelatingsvereistes

  • ’n Honneursgraad in Politieke Wetenskappe of direk verwante rigtings (of ’n verwante universiteitsgraad en voldoende relevante werksondervinding op diplomatieke gebied met Senaatsgoedkeuring).
  • ’n Gemiddelde van 65% in hierdie graad word vir toelating tot hierdie program vereis.
  • Daar kan van voornemende studente vereis word om ’n toelatingsopstel in te dien of ’n eksamen af te lê of om ontbrekende werk/modules te voltooi ten einde die vereiste vlak van studie te bereik.
  • ’n Aanvaarbare vlak van taalvaardigheid in Engels word vereis.

Addisionele vereistes

• Daar kan van voornemende studente vereis word om ’n toelatingsopstel in te dien of ’n eksamen af te lê of om ontbrekende werk/modules te voltooi ten einde die vereiste vlak van studie te bereik.

• ’n Aanvaarbare vlak van taalvaardigheid in Engels word vereis.

Ander programspesifieke inligting

• Ten minste twee kernmodules moet gedurende die eerste studiejaar geneem word.

• Studente mag, met die goedkeuring van die programbestuurder, hoogstens een kern­module vervang met ’n geskikte module van gelyke kredietwaarde uit ’n ander dissipline.

• Hierdie program word nie deur telematiese of afstandsonderrig aangebied nie.

Minimum krediete: 120

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Die holistiese aard en interdissiplinêre omvang van diplomasie, as instelling, praktyk en akademiese studieveld, word bekendgestel en gekontekstualiseer binne die breë raamwerk van internasionale studies, met inbegrip van aspekte rakende internasionale verhoudinge, internasionale reg en internasionale politieke ekonomie. Daarna verskuif die fokus na die teoretiese en praktiese verband tussen internasionale verhoudinge, buitelandse beleid en diplomasie as instrument van buitelandse beleid. Dienooreenkomstig word Suid-Afrika se diplomasie, op globale en streeksvlak, krities ontleed deur die gebruik van, onder andere, die vergelykende metode.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Bekendstelling aan en ontleding van diplomatieke teorie, gedefineer as sistematiese denke oor diplomatieke idees, aktiwiteite en vraagstukke. Sodanige denke het historiese, konseptuele en normatiewe elemente, en hou uiteraard met die diplomatieke praktyk as empiriese referent verband. Dit sluit die kritiese bestudering van sleutelaannames oor diplomasie in. Enersyds, aangesien diplomatieke teorie onvermydelik breër internasionale verhoudinge teorieë weerspieël, en aangesien die moderne diplomaat ook bepaalde begrip van laasgenoemde moet hê, word hieraan aandag gegee. Andersyds, op capita selecta grondslag, word aandag gegee aan teoretiese perspektiewe oor vraagstukke wat op die globale diplomatieke agenda verskyn.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding en gevorderde analise word gebied van globale diplomatieke praktyk, een van die belangrikste geïnstitusionaliseerde aktiwiteite binne die internasionale stelsel. Die fokus is oorwegend staatsentries, hoewel die toenemende invloed van nie-staatsentiteite op die vorm en inhoud van diplomasie geakkommodeer word. Aspekte soos die evolusie, modusse, style, regsraamwerk en instellings van diplomasie word ondersoek, sowel as die spesifieke rolle en funksies van diplomate en ontluikende terreine van diplomatieke spesialisering. Prioriteit word verleen aan 'n Afrika-perspektief van die voormelde en in hierdie verband word spesifieke klem gelê op bemiddeling - 'n diplomatieke modus en spesialisasie wat onontbeerlik is binne die konteks van diplomatiese praktyk in Afrika.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Deur die gebruik van toepaslike metodologiese benaderings en navorsingsmetodes word aspekte van die diplomatieke teorie en diplomatieke praktyk modules op spesifieke diplomatieke gevallestudies en vraagstukke van internasionale en transnasionale belang toegepas. Benewens die beklemtoning van metodologie en geselekteerde navorsingsmetodes, word aandag ook geskenk aan die ontwikkeling, struktuur en skryf van navorsingsverslae op die gebied van diplomatieke studies. Die uitkoms van hierdie module is goedgekeurde navorsingsvoorstel oor diplomatieke tema vir die miniverhandeling, wat ook aan etiese riglyne voldoen.

    Sien meer

Minimum krediete: 60

Kernmodules


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences