Jaarboeke

isiZulu 310


 
Modulekode ZUL 310
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Geesteswetenskappe
Module-inhoud isiZulu-grammatika - Capita Selecta Aspekte van die grammatika van isiZulu soos ‘n voortsetting van die studie van die woordkategorieë; grammatiese ontledings; meer intensiewe bestudering van die struktuur, betekenis en gebruik van die naamwoord (spesifiek afgeleide naamwoorde) en die werkwoord (spesifiek modale kategorieë en werkwoordagtervoegsels); ‘n inleiding tot die klankveranderinge/fonologie van isiZulu. Die verwerwing, inoefening en inskerping van gevorderde kommunikatiewe vaardighede binne ‘n groter aantal sosiale, beroepsgerigte en opvoedkundige situasies. Woordeskat en die aanleer en gebruik van gevorderde taalstrukture word verder uitgebrei. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verhoog. Aandag word ook aan kulturele verskynsels gegee.
Modulekrediete 30.00
Diensmodules Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Fakulteit Opvoedkunde
Voorvereistes ZUL 210, ZUL 220 word vereis vir studente wat ZUL 110, ZUL 120 op jaarvlak 1 voltooi het en ZUL 211, AFT 220 word vereis vir studente wat ZUL 111, AFT 121 op jaarvlak 1 voltooi het
Kontaktyd 2 lesings per week, 1 besprekingsklas per week
Onderrigtaal Afrikaans en Engels word in een klas gebruik
Akademiese organisasie Afrikatale
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences