Jaarboeke

Godsdiensstudies 210


 
Modulekode REL 210
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Teologie
Module-inhoud Fokus op godsdiens Deel 1: Christendom Jesus as stigter van die Christendom; beelde van Jesus; huidige navorsing oor die 'historiese Jesus'; kernsake in die debat rondom die 'historiese Jesus'. Capita selecta van temas soos: Nuwe Testamentiese Christendom; Christelike geskiedenis in ondersoek; Christensending; Ná die Industriële Rewolusie en die Verligting; Die Christendom in 'n sekulêre era; Die opkoms van die Derde Wêreld Christendom. Deel 2: Tradisionele Afrika-godsdienstigheid Primale godsdiens en tradisionele Afrika-godsdienste; Tradisionele lewe en wêreldbeeld. Sleutelelemente soos: konsep van tyd; konsep van God; voorvaderkultus; kragdokters, genesers en kultiese leierskap; etiek: voorbeelde uit Afrika-godsdienste; San-godsdiens; Zoeloe-godsdiens; Shona-godsdiens.
Modulekrediete 20.00
Diensmodules Fakulteit Opvoedkunde
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 2 lesings per week
Onderrigtaal Afrikaans en Engels word in een klas gebruik
Akademiese organisasie Teologie Dekaanskantoor
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences