Jaarboeke

Metallurgiese analise 700


 
Modulekode NPA 700
Kwalifikasie Nagraads
Fakulteit Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Module-inhoud Die doel is om die gebruik van gesofistikeerde analitiese tegnieke te gebruik in die oplossing van navorsingsgerigte metallurgiese probleme. Die verskillende tegnieke word modulêr aangebied en elke spesialisrigting het ’n eie keuse van drie tegnieke om die student se navorsing te ondersteun. Spesialisrigtings soos Fisiese Metallurgie, Sweismetallurgie, Hidrometallurgie, Pirometallurgie en Mineraalprosessering word gedek. Ander rigtings kan aangespreek word na konsultasie met die kursusleier. Die tegnieke wat tans aangebied word is: TEM, SEM Auger Spektroskopie (AES), X-straal Foto-elektronspektroskopie (XPS), Plasma-ontladingspektroskopie (GDOES), X-straal Diffraksie (XRD), X-straal fluoresensie (XRF), Gleeble warmvervorming simulasie en Dilatometrie. Lesings behandel die teorie en interpretasie in diepte en dit word geïllustreer met gevallestudies.
Modulekrediete 16.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 24 Uur
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Akademiese organisasie Materiaalkunde en Metallurgies
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences