Jaarboeke

Toegepaste monsternemingsteorie in mineraalprosessering 701


 
Modulekode NMP 701
Kwalifikasie Nagraads
Fakulteit Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Module-inhoud

Die module spreek beide die teorie en toepassing van monsterneming aan, hoofsaaklik in die mineraalprosesseringsindustrie. Monsterneming is in beginsel statisties van aard en dus sal basiese statistiese metodes, relevant tot monsternemingsteorie behandel word. Die module sal dan fokus op die teorie van monsterneming, spesifiek ten opsigte van die bestuur van groot- en kleinskaalse veranderlikheid. In die gedeelte oor grootskaalse veranderlikheid, sal die effek van interpolasiefoute, periodiese foute en geweegde-inkrement foute ook aangespreek word. In die gedeelte wat handel oor kleinskaalse veranderlikheid, word die bepaling en bestuur van verskeie foute, wat lei tot kleinskaalse veranderlikheid hanteer – dit sluit in die saamstel van monsternemingsmetodes wat hierdie foute kan minimeer. Die evaluasie van droë- en nat monsternemingsapparaat, ten opsigte van verskillende bronne wat eensydigheid kan genereer, asook die implementering van monsternemingsmetodes in die praktyk word behandel. Steenkool-, yster-, goud- en platinumerts sal die fokus vorm van die module.

Modulekrediete 30.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 48 kontakure per semester
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Akademiese organisasie Materiaalkunde en Metallurgies
Aanbiedingstydperk Jaar

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences