Jaarboeke

Maatskaplike werk in die praktyk 161


 
Modulekode MWP 161
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Geesteswetenskappe
Module-inhoud Integrering van maatskaplikewerkteorie en -praktyk binne ‘n ontwikkelingsgerigte maatskaplikewerkperspektief; relevansie van en blootstelling aan vrywillige werk en kulturele diversiteit. Inleiding tot welsynsdienste binne die praktyk en verskillende velde van dienslewering. Die toepassing van maatskaplikewerkintervensie in die gemeenskap deur middel van ‘n situasie-analise en met groepe en individue by wyse van rolspel binne ‘n laboratoriumopset. Lewensvaardigheidsopleiding ten opsigte van ‘n holisties gebalanseerde lewenstyl, menslike seksualiteit en MIV/Vigs, konflikhantering, selfbeeld en vaardighede in openbare redevoering.
Modulekrediete 6.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 1 besprekingklas per week
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Akademiese organisasie Maatskaplike Werk en Krim
Aanbiedingstydperk Jaar

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences