Jaarboeke

Ekonomiese misdrywe 709


 
Modulekode KRM 709
Kwalifikasie Nagraads
Fakulteit Fakulteit Geesteswetenskappe
Module-inhoud Die kultuur van materialisme en finansiële sukses wat teenswoordig in Suid-Afrika heers, lei daartoe dat al meer ekonomies-verwante misdrywe gepleeg word. Hierdie misdrywe en meer spesifiek die kenmerke, oorsake, kostes en verskillende tipes ekonomiese misdade sal in hierdie module aandag geniet. Vanweë die feit dat groot aantal oortreders hulle vaardighede in groepverband aanwend om ekonomiese en politieke mag te verkry, word georganiseerde misdaad as belangrike komponent van die module beskou. Die struktuur, kenmerke en vorme wat georganiseerde misdaadaktiwiteite kan aanneem, sal onder die loep geneem word. Hierbenewens sal enkele ekonomiese misdade wat ook vir ekonomiese gewin gepleeg word, bestudeer word.
Modulekrediete 15.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 3 lesings per week
Onderrigtaal Afrikaans en Engels word in een klas gebruik
Akademiese organisasie Maatskaplike Werk en Krim
Aanbiedingstydperk Kwartaal 4

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences