Jaarboeke

Die kommunikasie van inligting 730


 
Modulekode INY 730
Kwalifikasie Nagraads
Fakulteit Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Module-inhoud Hierdie module wat op die effektiewe kommunikasie van inligting fokus, neem die deelnemende benadering tot die kommunikasie van inligting as uitgangspunt. Ter inleiding sal die aard van inligting binne die konteks van inligtingkunde ondersoek word. Daarna sal kommunikasie-media geidentifiseer en bespreek word en studente sal leer hoe om ‘n teikengehoorprofiel saam te stel om die geskikte media en inhoud vir die verspreiding van inligting te bepaal. Inligting- en kommunikasie-tegnologieë (IKT) en die kommunikasie van inligting sal binne die konteks van geletterheid en mediageletterheid ondersoek word. Die kommunikasie van inligting sal ’n sentrale fokus van die module vorm. Gevolglik sal die rol van interpersoonlike, tradisionele sowel as moderne media aangespreek word. Die prosesse wat gevolg kan word om betekenisvolle en effektiewe boodkappe vir die kommunikasie van inligting te skep, sal ook bestudeer word.
Modulekrediete 15.00
Diensmodules Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 2 lesings per week
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Akademiese organisasie Inligtingkunde
Aanbiedingstydperk Semester 1 of Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences