Jaarboeke

Globale en sosiale perspektiewe in opvoedkunde 401


 
Modulekode GPE 401
Kwalifikasie Nagraads
Fakulteit Fakulteit Opvoedkunde
Module-inhoud

GPE 401 verwys na kennis van verskeie situasies, kontekste en omgewings in die onderwys sowel as heersende beleid, politiek en organisatoriese kontekste. GPE 401 is gedrewe deur ‘n agenda van sosiale geregtigheid en diensleer waar studente gesprekke voer oor toekomstige scenario’s in onderwys wat ontstaan uit globalisering, die wêreld van werk en ander kontekstuele strome. Studente bestudeer en ervaar die kontekstuele impak van die menslike en sosiologiese ontwikkeling op onderwys met spesifieke verwysing na ‘n bate-gebaseerde benadering in die bestuur van 'n diverse, multikulturele, multi-etniese groep leerders wat dikwels gekonfronteer is met problematiese omstandighede en die bedreiging van MIV/Vigs.

Modulekrediete 8.00
Voorvereistes Soos per NGSO toelatingsvereistes
Kontaktyd 24 lesings per jaar, 4 tutoriale per jaar
Onderrigtaal Aparte klasse vir Engels en Afrikaans
Akademiese organisasie Geesteswetenskaplike Opvoedkun
Aanbiedingstydperk Jaar

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences