Jaarboeke

Toneelskryf en draaiboekskryf 774


 
Modulekode DFK 774
Kwalifikasie Nagraads
Fakulteit Fakulteit Geesteswetenskappe
Module-inhoud Hierdie vierledige module het betrekking op die konstruksie van visuele narratief. Outobiografiese skryfkuns: Hierdie deel van die module ontwikkel kreatiewe skryfvaardighede deur die verkenning en weergee van persoonlike narratiewe. Die student ondersoek ook die beginsels van literêre teorie. Verhoogtekste: In hierdie deel maak die student kennis met beginsels van struktuur, verhaling, intrige, dialoog en karakterontwikkeling. Die student raak vertroud met die formaat en konvensies van die verhoogdrama, asook die taal van drama en optrede. Die student sal minstens een teks vir die verhoog skryf. Skryf vir televisie: Studente raak vertroud met die driebedryf-struktuur, storie, narratief, inhoud, intrige en genre (soos sepies en situasie-komedie). Van studente word verwag om voorbeeld te skryf van draaiboek vir reeds bestaande televisieprogram ("show script"), asook oorspronklike televisieteks. Skryf vir film: Die module stel die student bekend aan die taal en teorie van film. Studente sal na films kyk, draaiboeke lees en hulle eie kort filmteks skryf. Die module sluit ook die formaliteite in van die draaiboek, soos teksformaat en aanbieding ("pitching").
Modulekrediete 45.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 2 lesings per week
Onderrigtaal Afrikaans en Engels word in een klas gebruik
Akademiese organisasie Drama
Aanbiedingstydperk Jaar

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences