Jaarboeke

Program: BCMP Kliniese Mediese Praktyk

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10130012 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 3 jaar Totale krediete: 428
Contact:
Dr JM Louw
[email protected]
+27 (0)123563309

Programinligting

Die geïntegreerde, uitkomsgebaseerde, probleem-georiënteerde graadprogram bestaan uit teoretiese modules en kliniese rotasies.

Toelatingsvereistes

  • ?Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat in besit is van ‘n sertifikaat wat deur die Universiteit beskou word as ekwivalent aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met universiteitsvrystelling, ‘n kandidaat wat aan ‘n ander tersiêre instelling gegradueer het of aan wie die status van ‘n gegradueerde van sodanige instelling toegeken is, en ‘n kandidaat wat aan ‘n ander fakulteit aan die Universiteit van Pretoria gegradueer het.
  • Lewensoriëntering word van die TPT-berekening uitgesluit.
  • Graad 11 se finale-eksamenuitslae, die Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) se uitslae en ‘n Toegevoegdewaardevraelys sal vir die voorlopige toelating van voornemende studente gebruik word.  
  • Toelating tot Gesondheidswetenskappeprogramme is onderhewig aan ‘n keuringsproses. 
  • Aansoeke van internasionale kandidate wat van lande kom met mediese opleidingskole sal nie oorweeg word vir plasing in die MBChBprogram nie, behalwe waar interregeringssamewerkingsooreenkomte in plek is. 
  • Die som van die uitslae van ses vakke, waaronder Engels, Wiskunde en Fisiese Wetenskap, word vir keuringsdoeleindes bereken.
  • Kandidate, neem asseblief kennis dat jou TPT nie met meer as twee punte mag daal in die uitslae van jou finale skooleksamen nie ten einde jou voorlopige toelating te behou. 
  • ?NEEM ASSEBLIEF KENNIS dat voldoening aan die minimum toelatingsvereistes nie noodwendig toelating tot enige program in hierdie Fakulteit waarborg nie. 

Minimum vereistes 

Prestasievlak

TPT

Engels

Wiskunde

NSS/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

NSS/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

4

3

D

D

4

3

D

D

25

Addisionele vereistes

Raadpleeg ook die Algemene Regulasies.

  • Elke student moet onmiddellik ná toelating tot die eerste studiejaar by die Registrateur van die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika, aansoek doen om registrasie as ’n kliniese genoot.
  • Na verwerwing van die graad, moet gegradueerdes ook by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika registreer as kliniese genote.

Ander programspesifieke inligting

Let wel: Derde studiejaar

  • Sommige modules sal in die eerste of die tweede semester aangebied bygewoon en deurlopend geassesseer word afhangende van rotasiereëlings.
  • Punte behaal in die kliniese rotasies word in berekening gebring by die bepaling van die betrokke modulepunte.

Eksamens en slaagvereistes

(i) Ingevolge die bepalings van die Algemene Regulasies, word geen minimum jaar- of semesterpunt vereis vir toelating tot die eksamen nie. Voldoende bywoning van (meer as 90%) en aktiewe deelname aan voorgeskrewe kliniese aktiwiteite soos aangeteken in die kliniese logboek word vereis vir toelating tot die eksamen.
(ii) ’n Finale modulepunt in die betrokke module word egter bereken uit die module-eksamenpunt sowel as die modulepunt wat saamgestel word uit die deurlopende evaluering tydens die aanbieding van die module (d.i. die semester-, jaar-, of modulepunt). Laasgenoemde word bereken uit die punte behaal in een of meer van die onderstaande:

(aa) Evaluasies van teoretiese kennis.
(bb) Evaluasies van kliniese kennis en vaardighede.
(cc) Verpligte bywoning van en deelname aan voorgeskrewe aktiwiteite.
(dd) Verpligte bywoning van alle akademiese ondersteuningsaktiwiteite vir die eerste twee studiejare.

(iii) Die bydrae van elke modaliteit in die berekening van bogenoemde punt, word in die regulasies uiteengesit en in die studiehandleidings gepubliseer. Die besonderhede word breedvoerig aan die studente voor die aanvang van die modules verduidelik. So ook die gewig (50:50) wat aan bogenoemde punte en die onderskeie eksamenpunte by die berekening van die finale modulepunt aan die student toegeken word. Die belangrikheid van deurlopende evaluering in die assessering van studente is nie-onderhandelbaar en daarom sal die punte toegeken in hierdie soort evaluerings deel uitmaak van die finale slaagpunt van alle modules.

(iv) ’n Student wat die eerste of tweede jaar van studie herhaal sal krediete behou vir Kliniese Mediese Praktyk-modules wat reeds geslaag is, onderhewig aan die volgende:

(aa) Ten einde ’n bepaalde vlak van kliniese vaardigheid te handhaaf, moet die student in die bepaalde jaar voldoende deelneem aan die kliniese komponent van al die Kliniese Mediese Praktyk-modules en dit word vereis dat sodanige aktiwiteite in ’n toepaslike logboek aangeteken word.
(bb) Nakoming van (aa) is ’n voorvereiste vir toelating tot daaropvolgende CMP-modules.
(cc) Ten einde te voldoen aan die vereistes van (aa) sal die betrokke modulevoorsitter die omvang van die student se betrokkenheid by geslaagde modules aan die begin van die jaar bepaal, en dit so met die betrokke student(e) ooreenkom.

Slaag van ? module in die BKliniese Mediese Praktyk-graadprogram
(i) ’n Modulepunt word bereken uit die deurlopende evalueringsgeleenthede tydens die verloop van die aanbieding van die betrokke module.

Hierdie evaluasies sal een of meer van die volgende insluit:
(aa) Evaluasies ten opsigte van teoretiese kennis.
(bb) Evaluasies ten opsigte van kliniese kennis en vaardighede.
(cc) Verpligte bywoning van en aktiewe deelname aan voorgeskrewe aktiwiteite.
(dd) Verpligte bywoning van alle akademiese ondersteuningsaktiwiteite die eerste twee studiejare.

(ii) Studente mag die opsie uitoefen dat die modulepunt aan die einde van die jaar bekragtig word as die finale modulepunt vir die betrokke module (dit wil sê hulle word vrygestel van die module-eksamen van hierdie module), mits hulle aan die volgende vereistes voldoen:

(aa) Bogenoemde modulepunt is meer as 60% in al die verskillende module-assesserings (met die uitsondering van die Anatomie-module wat meer as 65% is).
(bb) Bewese bywoning van alle toepaslike module-spesifieke aktiwiteite, naamlik:

  • Alle toetse/deurlopende evaluasies.
  • Alle praktika en oggendsaalrondte-aktiwiteite.
  • Alle relevante vaardigheidslaboratoriumaktiwiteite.
  • Alle relevante gemeenskapsgebaseerde onderrigaktiwiteite.
  • Alle kliniese rotasies.

(cc) ’n Slaagpunt in die kliniese rotasietoets.
(dd) Bywoning van die betrokke module vanaf dag 1.
(ee) Geen skuldigbevinding deur die Fakulteit se Preliminêre Dissiplinêre Komitee (Studente-oortredings) aan enige vorm van oneerlikheid of bedrog nie.

(iii) ’n Module-eksamen word toegestaan aan alle geregistreerde studente ongeag die modulepunt onderhewig aan voldoende bywoning van en aktiewe deelname aan voorgeskrewe kliniese aktiwiteite soos uiteengesit.
(iv) Die finale modulepunt word bereken uit die module-eksamenpunt en die modulepunt (deurlopende evaluering) in ’n verhouding van 50:50, na gelang van die studiejaar en/of module-spesifieke regulasies. Die formule waar-volgens die finale modulepunt bereken word, is in die studiehandleiding uiteengesit en word by aanvang van die program aan studente verduidelik.
(v) Ten einde ’n module te slaag word ’n subminimum van 40% in die geskrewe komponent van die module-eksamen vereis. Ten einde ’n module te slaag waar ’n kliniese komponent ingesluit is, word ’n subminimum van 50% in die kliniese komponent van die module-eksamen ook vereis.
(vi) ’n Tweede eksamen in ’n module word toegestaan aan alle studente wat die betrokke module druip.
(vii) As ’n reël word die betrokke tweede eksamen gedurende November/ Desember van dieselfde jaar afgeneem, of in Januarie van die daarop-volgende jaar. Minstens 50% word vereis om in die tweede eksamen te kan slaag.
(viii) ’n Siekte- of buitengewone eksamen word aan ’n student toegestaan wat die module-eksamen weens siekte of ander aanvaarbare redes nie kon aflê nie en sal tydens die tweede eksamenperiode plaasvind. Studente moet formeel aansoek doen om sodanige eksamen af te lê, en toelating daartoe word deur die Voorsitter van die Skool of sy/haar gemagtigde verteen-woordiger goedgekeur. Waar toepaslik, kan die Voorsitter van die Skool eers ’n aanbeveling van die Fakulteit se Gesondheidskomitee vereis alvorens ’n aansoek om toelating tot ’n siekte-eksamen goedgekeur word.

Alle modaliteite van ’n finale eksamen moet gesamentlik as ’n siekte- of buitengewone eksamen afgelê word, selfs al was ’n deel daarvan alreeds as deel van die eksamen in die vorige eksamenperiode afgelê. Die finale modulepunt word bereken uit die punte van al die afdelings/modaliteite van die siekte-/buitengewone eksamen en die betrokke modulepunt (deurlopende evalueringspunt). Dieselfde kriteria, soos gestel vir ’n finale punt in ’n module, is hier van toepassing.

Let wel: Geen spesiale datums sal vir siekte-/buitengewone eksamens gereël word nie. Sodanige eksamens sal slegs op die geskeduleerde datums vir gewone eerste/tweede eksamens plaasvind.

(ix) Siekte-/buitengewone toetse word nie in die BKliniese Mediese Praktyk-graadprogram toegestaan nie. Studente wat egter aanvaarbare redes het vir afwesigheid van nie meer as een toets nie sal oor ’n modulepunt beskik wat bereken is uit die ander voortgesette assesseringsgeleenthede. Studente wat weens aanvaarbare redes van meer as een toets afwesig is, sal uiteraard geen modulepunt hê nie, en ’n slaagsyfer in die betrokke module(s) sal uitsluitlik deur die module-eksamenpunt bepaal word.

Akademiese uitsluiting van verdere studie
(i) Ingevolge die bepalings van Algemene Regulasies, word ’n student slegs toegelaat om te herregistreer indien sodanige student die graad-program waarvoor hy of sy geregistreer is, binne die voorgeskrewe minimum tydperk van studie plus twee jaar voltooi.
(ii) In die geval van die BKliniese Mediese Praktyk-graad wat deur die Skool vir Geneeskunde aangebied word, moet ’n student wat ’n studiejaar vir die tweede keer druip, ’n skriftelike aansoek om hertoelating tot die program aan die Hertoelatingskomitee van die Skool rig, met die voorsitter van die Skool as voorsitter van die komitee.
(iii) Die betrokke komitee sal alle faktore in oorweging neem en sy besluit en voorwaardes sal finaal wees.
 

Bevordering tot volgende studiejaar

Druipelinge/Toelating tot die tweede semester van die eerste studiejaar

Gekeurde eerstejaarstudente wat in voldoende voorgeskrewe eerste- semestermodules op 100-vlak geslaag het, word ingevolge die bepalings van die Algemene Regulasies outomaties tot die tweede semester van die eerste studiejaar toegelaat.

Druipelinge/Toelating tot die tweede studiejaar

(a) Eerstejaarstudente wat in alle voorgeskrewe kernmodules op 100-vlak geslaag het, word ingevolge die bepalings van Algemene Regulasies, outomaties tot die tweede studiejaar toegelaat.

(b) ’n Student wat een of meer van die kernmodules op 100-vlak gedruip het, sal daardie modules moet herhaal alvorens hy/sy tot die tweede studiejaar toegelaat sal word.

(c) Raadpleeg ook Slaag van 'n module in verband met ’n student vir die BKliniese Mediese Praktyk-graad, wat ’n studiejaar vir die tweede keer druip.

Druipelinge/Toelating tot die tweede semester van die tweede studiejaar

Tweedejaarstudente wat in voldoende voorgeskrewe eerste-semestermodules op 200-vlak geslaag het, word ingevolge die bepalings van Algemene Regulasies outomaties tot die tweede semester van die tweede studiejaar toegelaat.

Druipelinge/Toelating tot die derde studiejaar

(a)  Tweedejaarstudente wat in alle voorgeskrewe eerste- en tweedesemestermodules op 200-vlak geslaag het, word ingevolge die bepalings van Algemene Regulasies, outomaties tot die derde studiejaar toegelaat.

(b)  ’n Student wat in een of meer modules op 200-vlak gedruip het, moet sodanige module(s) wat gedruip is herhaal, alvorens hy/sy tot die derde studiejaar toegelaat sal word.

(c)  Raadpleeg ook Slaag van 'n module ten opsigte van ’n student vir die BKliniese Mediese Praktyk-graad, wat ’n studiejaar vir die tweede keer druip.

Druipelinge/Akademiese uitsluiting van verdere studie

Raadpleeg Slaag van 'n module in verband met ’n student wat die graad-program nie binne die voorgeskrewe minimum tydperk van studie plus twee jaar voltooi nie.

Slaag met lof

Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat ’n gemiddelde van minstens 75% in al die modules van derde studiejaar behaal het.

Minimum krediete: 128

Fundamentele modules

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Basiese teorie end vaardighede ten opsigte van gesondheidsassessering en fisiese ondersoek, gesondheidsbevordering en siektevoorkoming van die genito-urinêre, sentrale senuweestelsel, kop, nek, oog, oor, neus, keel, muskuloskelet-, endokriene, dermatologiese stelsels, deur middle van lesings, seminare, selfonderrig en praktiese sessies in die hospitaal end vaardigheidslaboratorium. Probleemgeoriënteerde en interdissiplinêre benadering word beklemtoon.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot Fakulteit Gesondheidswetenskappe, kurrikulum en kulturele verskille. Basiese teorie en vaardighede ten opsigte van gesondheidsassessering en fisiese ondersoek, gesondheidsbevordering en siektevoorkoming deur middel van selfonderrig en praktiese sessies in die hospitaal en vaardigheidslaboratium. 'n Probleemgeoriënteerde en interdissiplinêre benadering word beklemtoon.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleidende beginsels tot kliniese farmakoterapie. Kernfarmakoterapie en toespaslike kliniese aspekte van die mees algemene en prominente siektes en toestande.

    Sien meer

Minimum krediete: 138

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Basiese teorie en vaardighede ten opsigte van die gesondheidsbevordering, siektevoorkoming, diagnose en behandeling van siektes van sentrale senuweestelsel, kop, nek, keel, vel, muskuloskelet-, endokriene stelsels, deur middel van lesings, seminare, selfonderrig en praktiese sessies in die hospitaal en vaardigheidslaboratorium. Probleemgeoriënteerde en interdissiplinêre benadering word beklemtoon. Klem word geplaas op die diagnose en mees prominente toestande sowel as die aanleer van praktiese en kliniese vaardighede.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Kliniese farmakoterapie insluitende indikasies, kontra-indikasies, newe-effekte en interaksies van medikasie wat algemeen voorgeskryf word in Suid-Afrika. Rasionele voorskrifgebruike en beoordeling van voorskrifte.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Basiese teorie en vaardighede ten opsigte van gesondheidsbevordering, siekte-voorkoming, diagnose en behandeling van siektes van kardio/perifere, vaskulêre, retikuloëndoteliale, endokriene, respiratoriese, genito-urinêre en gastroïntestinale stelsels deur middel van groepbesprekings, selfonderrig en praktiese sessies in die hospitaal en vaardigheidslaboratorium. ’n Probleemgeoriënteerde en interdissiplinêre benadering word beklem-toon. Klem word geplaas op die diagnose en behandeling van die mees prominente toestande sowel as die aanleer van praktiese en kliniese vaardighede.

    Sien meer

Minimum krediete: 162

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Studie van gesondheidstelsels, met klem op distrikgesondheidstelsels.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    Theory and skills in respect of the health promotion, disease prevention, diagnosis and treatment of diseases affecting women by means of group discussions, self-tuition and practical sessions in the hospital and skills laboratory.  A problem-oriented and interdisciplinary approach is emphasised.  Emphasis is placed on the diagnosis and treatment of the most prominent conditions as well as the acquiring of practical and clinical skills.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Teorie en vaardighede ten opsigte van die siektevoorkoming, diagnose en behandeling van ortopediese siektes en probleme, deur middel van lesings, seminare, selfonderrig en praktiese sessies in die hospitaal en vaardigheidslaboratorium. Probleemgeoriënteerde en interdissiplinêre benadering word beklemtoon. Klem word geplaas op die diagnose en behandeling van die mees prominente toestande sowel as die aanleer van praktiese en kliniese vaardighede.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Teorie en vaardighede ten opsigte van die siektevoorkoming, diagnose en behandeling van geestesgesondheidsprobleme, deur middel van lesings, seminare, selfonderrig en praktiese sessies in die hospitaal en vaardigheidslaboratorium. Probleemgeoriënteerde en interdissiplinêre benadering word beklemtoon. Klem word geplaas op die diagnose en behandeling van die mees prominente toestande sowel as die aanleer van praktiese en kliniese vaardighede.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    Basic theory and skills in respect of the health promotion, disease prevention, diagnosis and treatment of diseases of children by means of group discussions, self-tuition and practical sessions in the hospital and skills laboratory.  A problem-oriented and interdisciplinary approach is emphasised.  Emphasis is placed on the diagnosis and treatment of the most prominent conditions as well as the acquiring of practical and clinical skills.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    Theory and skills in respect of the disease prevention, diagnosis and treatment of infectious diseases by means of group discussions, self-tuition and practical sessions in the hospital and skills laboratory.  A problem-oriented and interdisciplinary approach is emphasised.  Emphasis is placed on the diagnosis and treatment of the most prominent conditions as well as the acquiring of practical and clinical skills.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Kliniese farmakoterapie insluitende indikasies, kontra-indikasies, newe-effekte en interaksies van medikasie wat algemeen voorgeskryf word in Suid-Afrika. Rasionele voorskrifgebruike en beoordeling van voorskrifte.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Teorie en vaardigheidsopleiding in basiese noodsorg.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot die grondbeginsels van die teorie en praktyk van anestesiologie van toepassing op die kliniese praktyk.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences