Jaarboeke

Program: MOccTher Arbeidsterapie

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10258002 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 180

Toelatingsvereistes

  • Behoudens die bepalings van Algemene Regulasie G.62 is die Baccalaureusgraad in Arbeidsterapie of ’n gelykwaardige kwalifikasie asook registrasie as arbeidsterapeut by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika ’n vereiste vir toelating.
  • 'n Student moet ten minste een jaar kliniese ervaring in die voorgestelde studieveld hê (Gemeenskapsdiensjaar uitgesluit).
  • ’n Student moet ’n pos van minstens 15 uur per week beklee vir die duur van die studie wat deur die departementshoof as toepaslik vir die betrokke rigting van die magisterstudie beskou word.
  • Spesialiseringsrigtings vir die gedoseerde MArb-graad word op ’n tweejaarlikse basis aangebied mits minstens vyf kandidate aansoek om toelating tot ’n spesifieke spesialiseringsrigting doen. Die sluitingsdatum vir nuwe aansoeke is 31 Oktober jaarliks. Kandidate sal so gou doenlik na genoemde datum in kennis gestel word of ’n spesifieke spesialiseringsrigting in die daaropvolgende jaar aangebied sal word. Aanvang van studie moet dus vooraf met die departementshoof bespreek word.
  • Vir die MArb-graad deur middel van 'n verhandeling moet 'n geskrewe voorstel vir die navorsingstudie saam met die aansoek op 31 Oktober ingehandig word.

Sien ook Algemene Regulasies.

Let wel:

Alle MArb-studente moet registreer vir (TNM 800) Toegepaste navorsingsmetodologie 800 en dit bevredigend bywoon. (Vrystelling word verleen indien die module, BSN 701 Biostatistiek en navorsingsmetodiek, reeds vir die BArbHons-graad geslaag is.)

Addisionele vereistes

Sien ook Algemene Regulasies.

Let wel:

Alle MArb-studente moet registreer vir (TNM 802) Toegepaste navorsingsmetodologie 802 en dit bevredigend bywoon. (Vrystelling word verleen indien die module, BSN 701 Biostatistiek en navorsingsmetodiek, reeds vir die BArbHons-graad geslaag is.)

 

 

 

Eksamens en slaagvereistes

Die slaagpunt vir die verhandeling is minstens 50%.

Slaag met lof

Om die graad met lof te verwerf, moet minstens 75% vir die verhandeling . TNM 802 Toegepaste navorsingsmetodologie 802 en OTX 800 Arbeids-terapie 800 moet bevredigend bygewoon wees.

Minimum krediete: 180

Kernmodules

Minimum krediete: 180

Kernmodules


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences