Jaarboeke

Program: MRad Stralingsterapie

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10257013 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 180

Toelatingsvereistes

Behoudens die bepalings van Algemene Regulasie G.62 word minstens 'n baccalaureus honoresgraad in Radiografie vereis asook registrasie as 'n radiograaf by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika.

Die magistergraad mag slegs gevolg word in die spesialiseringsrigting waarin die voorafgaande graad of gelykwaardige kwalifikasie verwerf is.

Ander programspesifieke inligting

(TNM 802) Toegepaste navorsingsmetodologie 802 of 'n gelykwaardige module moet bevredigend bygewoon word.

Slaag met lof

'n Minimum van 75% moet in die verhandeling behaal word, om die graad met lof te verwerf.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences