Jaarboeke

Program: MSc Mensgenetika

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10253073 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 180
Contact:
Prof E Jansen van Rensburg
[email protected]
+27 (0)123192636

Programinligting

Die MSc-graad word ingevolge die bepalings van die Algemene Regulasies toegeken op grond van ’n eksamen, óf 'n eksamen en 'n verhandeling, óf 'n eksamen en 'n skripsie, óf 'n verhandeling.

Sien ook Algemene Regulasies.

Let wel:
Dit word vereis dat alle MSc-studente vir die module (TNM 802) Toegepaste navorsingsmetodologie 802 moet registreer en dit bevredigend bywoon. (Vrystelling kan verleen word indien die module reeds vir BScHons geslaag is.)

Die maksimum tydperk vir die voltooiing van ’n magistergraad is vier jaar. Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies kan die Voorsitter van die betrokke Skool op aanbeveling van die departementshoof, in buitengewone omstandighede 'n vasgestelde beperkte verlenging van die tydperk goedkeur.

Toelatingsvereistes

Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies word 'n vierjarige baccalaureusgraad of 'n honneursgraad vereis of in die geval van 'n driejarige baccalaureusgraad ook toepaslike praktiese (beroeps-) ervaring soos deur die Universiteit voorgeskryf plus enige ander addisionele werk wat die departementshoof nodig mag ag: Met dien verstande dat die departementshoof die diskresie het om te oordeel of die voorvereiste kwalifikasie of die kwalifikasie plus beroepservaring vir toelating tot 'n spesifieke rigting aanvaarbaar sal wees.

 

Navorsing

Navorsingsprotokol
Dit word van 'n student vir die MSc-graad vereis dat 'n volledige navorsingsprotokol ten opsigte van die beoogde verhandeling ná registrasie aan die MSc-komitee van die Skool en indien nodig ook aan die Etiekkomitee voorgelê word vir goedkeuring.

Verhandeling
'n Verhandeling moet by Studenteadministrasie ingedien word minstens drie maande voor die betrokke promosieplegtigheid.
'n Handleiding oor die redaksionele versorging van verhandelings is op aanvraag by die departementshoof beskikbaar.

Slaag met lof

In die geval van 'n eksamen, óf 'n eksamen en 'n verhandeling, óf 'n eksamen en 'n skripsie, óf 'n verhandeling, word 'n gemiddelde van minstens 75% vereis.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences