Programinligting
Die program behels 'n verhandeling wat met die hoofvak verband hou.
Toelatingsvereistes
- Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies, word die BChD-graad of ’n gelykwaardige kwalifikasie vereis, plus die Nagraadse Diploma in Tandheelkunde [NGDiplTandh]. Die kandidaat kan vrygestel word van laasgenoemde kwalifikasie na goeddunke van die betrokke departementshoof en met die goedkeuring van die Dekaan.
- Kandidate in besit van ’n toepaslike baccalaureus honoresgraad of gelykwaardige kwalifikasie kan toegelaat word tot sekere gespesialiseerde basiese tandheelkundewetenskappe volgens die diskresie van die betrokke departementshoof en ingevolge die bepalings van die Algemene Regulasies en met die goedkeuring van die Dekaan.
Eksamens en slaagvereistes
Die Algemene Regulasies geld. ’n Slaagpunt van minstens 50% word vir die verhandeling vereis.
Slaag met lof
'n Student moet in die verhandeling minstens 75% behaal.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App