Code | Faculty |
---|---|
10243162 | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 1 jaar | Totale krediete: 120 |
Prof AD Cromarty [email protected] | +27 (0)123192622 |
Die volgende vereistes word gestel vir voltooiing van die graad:
'n Gemiddelde van minstens 60% in Farmakologie op voorgraadse vlak.
Die modules (FAR 381, 382) Farmakologie 381, 382 moet addisioneel geneem word by die Departement Farmakologie, indien nie op voorgraadse vlak geneem nie.
Vrystelling van eksamen in FAR 381, 382 kan toegestaan word indien ’n student wat ’n modulepunt van minstens 60% behaal het, die opsie uitoefen om dit as finale punt te aanvaar.
Die voorvereistes vir toelating tot die honneursgraadstudie in sekere studierigtings word by die spesifieke departement se leerplanne aangedui.
Sien ook Algemene Regulasies.
Die graad word met lof toegeken aan 'n student wat 'n gemiddelde van minstens 75% in die eksamen (skriftelik, mondeling, prakties, ens.) behaal het.
Minimum krediete: 120
Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
Covers the following topics: Immunology, pain and inflammation, pharmacokinetics, wound healing, proteomics, isotopes in medicine, pharmacogenetics, law, pharmaceutics, traditional medicines, plant-based medicines, lifestyle disorders, drug/drug interactions, drug adverse effects, malaria, cancer and malignancies and psycho/neuropharmacology, Good Clinical Practice (GCP), Good Laboratory Practice (GLP), Therapeutic Drug Monitoring (TDM), Overview of dispensing medicine. Practicals are as per study guide..
Hierdie module sluit 30 navorsingskrediete in.
Module-inhoud:
Inleiding, reseptore, antagonisme, kinetiese begrippe. Middels wat inwerk op die outonome en sentrale senuweestelsel. Geneesmiddelbehandeling van hipertensie, angina pectoris, miokardiale infarksie, hartversaking, hart-aritmieë, en epilepsie. Diuretika, glukokortikosteroïede, lokale verdowers, narkosemiddels, analgetika, yster en vitamiene, onkostatika, immuunonderdrukkers.Module-inhoud:
Hormone, geneesmiddels wat inwerk op histaminerge, serotonerge en dopaminerge reseptore. Geneesmiddelbehandeling van diabetes mellitus, skisofrenie, depressie, vetsug, angs, insomnia, spysverteringskanaalsiektes. Antistolmiddels, antimikrobe middels.Copyright © University of Pretoria 2023. All rights reserved.
COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal
To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]
Get Social With Us
Download the UP Mobile App