Jaarboeke

Toepassing van menseregtebeginsels op geselekteerde reproduktiewe gesondheidskwessies in Afrika 804


 
Modulekode HRA 804
Kwalifikasie Nagraads
Fakulteit Fakulteit Regsgeleerdheid
Module-inhoud In hierdie module val die klem op die toepassing van menseregtebeginsels op afsonderlike reproduktiewe gesondheidskwessies met die oog daarop om response gegrond op menseregte vir kontemporêre reproduktiewe gesondheidsprobleme in die Afrikastreek te ontwikkel. Onderwerpe wat behandel word, sluit die volgende in: (a) Geboortebeperking (b) Gesinsgeweld (c) Vroulike genitale verminking (d) Onvrugbaarheid en medies ondersteunde reproduksie (e) Moedersterftes (f) Seksuele geweld in tye van konflik (g) Opvoeding mbt seksualiteit en reproduktiewe gesondheid (h) Mensehandel in vroue en kinders (i) Onveilige aborsies
Modulekrediete 15.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 30 kontakure per semester
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Akademiese organisasie Sentrum vir Menseregte
Aanbiedingstydperk Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences