Jaarboeke

Internas reg ins menseregte wat betr het op seksuele en reproduktiewe regte in Afrika 802


 
Modulekode HRA 802
Kwalifikasie Nagraads
Fakulteit Fakulteit Regsgeleerdheid
Module-inhoud

In hierdie module val die klem op die beginsels en prosesse van internasionale reg insake menseregte op internasionale en plaaslike vlak, en die toepaslikheid daarvan op reproduktiewe en seksuele gesondheid en op die situasie van seksuele minderhede, met spesifieke verwysing na Afrika.
Die volgende onderwerpe word behandel:
(a) Geskiedenis, filosofie en ideologie van menseregte, met spesiale verwysing na Afrika
(b) Grondbegrippe van die internasionale en nasionale reg insake menseregte
(c) Die internasionale (VN-) stelsel van menseregtebeskerming: norme,instellings en prosedures en die tersaaklikheid daarvan vir reproduktiewe en seksuele regte
(d) Die stelsel van menseregtebeskerming in Afrika (Afrika-unie): norme, instellings, prosedures en hul tersaaklikheid vir reproduktiewe en seksuele regte (in vergelykende perspektief met verwysing na Europese en inter- Amerikaanse stelsels)
(e) Die werklike en potensiële rol van streeks-ekonomiese gemeenskappe (op substreeksvlak) in Afrika ter beskerming van menseregte in Afrika, met spesiale verwysing na reproduktiewe en seksuele regte
(f)  ’n Oorsig van menseregtebeskerming op plaaslike vlak, met besondere verwysing na geselekteerde Afrikastate
(g) Begrip van die rol van internasionale menseregtemeganismes ter beskerming van seksuele minderhede.

Modulekrediete 15.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 30 kontakure per semester
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Akademiese organisasie Sentrum vir Menseregte
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences