Modulekode | TRL 712 |
Kwalifikasie | Nagraads |
Fakulteit | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Module-inhoud | *Studente wat ‘n BA-graad met enige taal wat by UP aangebied word as hoofvak geslaag het mag TRL 712 neem. Toelating vir ander studente wat ‘n soortgelyke graad behaal het is onderhewig aan mondelinge eksamen. Studente met ander tale as wat by UP op honneursvlak aangebied word, sal ook in aanmerking geneem word. Hierdie module lê die grondslag van teoretiese aspekte en basiese vaardighede wat vir mondelinge vertaling vereis word en wat op MA-vlak gekonsolideer word. Lesings is gerig op die teorie en praktyk van verskeie tolkingstegnieke, onder meer memoriseringsoefeninge, mondelinge samevattings, sigvertalings en herbewoording van mondelinge tekste en toesprake, asook die praktyk van liaison-tolking. Studente sal vir sekere lesings in kleiner groepe opgedeel word na gelang van hul taalkeuses, wat naas Engels enige taal/tale wat op BAHons-vlak aangebied word mag wees. Na afloop van hierdie module sal studente mondelinge eksamen aflê om hulle bemeestering van hierdie tegnieke te toets. |
Modulekrediete | 20.00 |
Programme | |
Voorvereistes | Aanbeveel: FRN 752, FRN 762, TRL 710, TRL 711 |
Kontaktyd | 1 lesing per week |
Onderrigtaal | Afrikaans en Engels word in een klas gebruik |
Akademiese organisasie | Afrikatale |
Aanbiedingstydperk | Semester 2 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App