Jaarboeke

Program: MA Navorsingsielkunde (Gedoseer)

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01250433 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 180
Contact:
Prof N Coetzee
[email protected]
+27 (0)124203111

Programinligting

Hierdie program verskaf geïntegreerde professionele en akademiese opleiding wat die kandidaat toerus om as ’n spesialisnavorser op te tree. Die kandidaat kan ook by die Professionele Raad vir Sielkunde van die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika aansoek doen om registrasie as navorsingsielkundige. Sodanige registrasie is onder-hewig aan die bepalings van die Professionele Raad vir Sielkunde ten tye van registrasie.

Sluitingsdatum vir aansoeke: Jaarliks 31 Mei.

Die graad behels twee jaar voltydse studie; 50% van die program bestaan uit gedoseerde werk en 50% uit ’n navorsingskomponent.

A. Teoretiese gedeelte
’n Kernkurrikulum van gedoseerde werk moet gevolg en geslaag word.

B. Miniverhandeling (NSK 895)
’n Miniverhandeling oor ’n toepaslike onderwerp wat deur die departementshoof en die Nagraadse en Navorsingsetiekkomitee van die Fakulteit Geesteswetenskappe goedgekeur is, moet geslaag word alvorens die MA-graad in Navorsingsielkunde toegeken word. ’n Slaagpunt van minstens 50% moet behaal word. ’n Konsepartikel vir publikasie in ’n goedgekeurde wetenskaplike joernaal moet saam met die voltooide miniverhandeling ingedien word.

Toelatingsvereistes

  • BSocSciHons of BAHons in Sielkunde of ekwivalente kwalifikasie wat geakkrediteer is by die Raad vir Hoër Onderwys.
  • Toelating tot die MA (Navorsingsielkunde)-program is onderhewig aan ’n assesserings- en keuringsproses van moontlike kandidate wat gebaseer is op vereistes soos deur die program van tyd tot tyd voorgeskryf word.
  • Daar is ’n assesserings- en keuringsproses vir toelating van kandidate tot die MA (Navorsingsielkunde)-program.
  • Slegs ’n beperkte aantal kandidate word jaarliks tot die program toegelaat. Inligting oor die assesserings- en keuringsproses asook die toelatingskriteria kan by die Departement Sielkunde verkry word ten tye van die aansoek.

 

Eksamens en slaagvereistes

Assesserings

  1. Om 'n module te slaag, moet 'n finale punt van 50% behaal word. 'n Student slaag 'n module met lof wanneer 'n finale punt van 75% behaal word.
  2. Vordering in modules word op 'n deurlopende basis geassesseer deur middel van verskeie assesseringsaktiwiteite. Die assesserings is ontwerp om te verseker dat al die uitkomste van ’n module geëvalueer word deur middel van formatiewe assessering.
  3. Die finale resultate van alle modules sal slegs gepubliseer word nadat die eksamenkommissie van die Fakulteit Geesteswetenskappe dit bekragtig het. Geen resultate sal voor die bekragtiging bekend gestel word nie

Bevordering tot volgende studiejaar

Vereistes om na jaar II van die program te vorder

  1. In elk van die programme moet aan al die vereistes van die eerste jaar voldoen word alvorens daar met die tweede jaar voortgegaan kan word.
  2. Indien al die vereistes van die eerste jaar nie nagekom word nie, kan die eerste jaar nie herhaal word nie en daardie student sal die program moet verlaat.
  3. Indien so 'n student sy/haar studies wil voltooi, sal die student moet heraansoek doen in ooreenstemming met die reëls wat betrekking het op die keuringsproses vir alle nuwe aansoeke.
  4. Geen module mag oorgedra word vanaf die eerste jaar na die tweede jaar nie.


Vereistes om na die internskap te vorder

  1. Die reëls en regulasies soos bepaal deur die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGBSA), en wat van tyd tot tyd aangepas word, is van toepassing.
  2. Alle programvereistes van die graad moet suksesvol voltooi word en die assessering daarvan afgehandel wees deur die betrokke komitees van die Universiteit.
  3. Die magsitergraad moet binne twee jaar voltooi word.

.

Slaag met lof

'n Student slaag ’n module met lof wanneer 'n finale punt van 75% behaal word.

Algemene inligting

Professionele wangedrag
Navrae ten opsigte van moontlike professionele wangedrag binne die program
Indien dit voorkom of ’n student enige professionele reël, regulasie of kode van die RGBSA verbreek, kan daardie student versoek word om voor die uitvoerende bestuur van die Departement Sielkunde te verskyn. Hierdie komitee sal bepaal of die saak na die RGBSA verwys moet word vir verdere ondersoek.

Opskorting van deelname aan die program
Die dekaan mag, op aanbeveling van die hoof van die Departement Sielkunde, ’n ondersoek las na die bevoegdheid van 'n student om te as 'n sielkundige te praktiseer. ’n Moontlike uitkoms van so ’n ondersoek sluit in, maar is nie beperk nie tot die opskorting van die student se studies gedurende die akademiese jaar. Hierdie besluit sal oorweeg word deur 'n paneel in die departement en verskeie aspekte, soos die student se vordering en gedrag, sal in aanmerking geneem word. Die student sal ook die geleentheid gegun word om op die aantygings te reageer.

Minimum krediete: 90

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    *NSK-modules is deel van die gedoseerde MA-programme en is verpligtend vir alle studente wat vir hierdie gespesialiseerde programme gekeur en toegelaat is.  Hierdie modules is geslote en kan nie deur ander studente geneem word nie.

    Die module behels verskeie temas in kognitiewe sielkunde (soos geheue en persepsie), praktiese toepassings van kognitiewe sielkunde en neurosielkunde.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *NSK-modules is deel van die gedoseerde MA-programme en is verpligtend vir alle studente wat vir hierdie gespesialiseerde programme gekeur en toegelaat is.  Hierdie modules is geslote en kan nie deur ander studente geneem word nie.

    Aantal vraagstukke wat met kwalitatiewe navorsing verband hou, word bestudeer. Aan die einde van hierdie module behoort studente in staat te wees om die kwalitatiewe paradigma krities vanuit teoretiese en praktiese perspektief te kan benader.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *NSK-modules is deel van die gedoseerde MA-programme en is verpligtend vir alle studente wat vir hierdie gespesialiseerde programme gekeur en toegelaat is.  Hierdie modules is geslote en kan nie deur ander studente geneem word nie.

    Temas wat handel oor die filosofie van die wetenskap, navorsingsontwerp en geldigheid van navorsing, toetsontwikkeling, etiek en toepaslike statistiese metodes word in hierdie module bestudeer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *NSK-modules is deel van die gedoseerde MA-programme en is verpligtend vir alle studente wat vir hierdie gespesialiseerde programme gekeur en toegelaat is.  Hierdie modules is geslote en kan nie deur ander studente geneem word nie.

    Hierdie module behels temas wat krities vanuit die teoretiese perspektiewe van sosiale sielkunde bestudeer word, soos onder andere sisteemteorie en sosiaal-kognitiewe sielkunde.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *NSK-modules is deel van die gedoseerde MA-programme en is verpligtend vir alle studente wat vir hierdie gespesialiseerde programme gekeur en toegelaat is.  Hierdie modules is geslote en kan nie deur ander studente geneem word nie.

    Die module behels verskeie temas soos onder andere medianavorsing, marknavorsing, gemeenskapsielkunde en kruiskulturele sielkunde.

    Sien meer

Minimum krediete: 90

Kernmodules


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences