Code | Faculty |
---|---|
01240183 | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 1 jaar | Totale krediete: 120 |
Dr A Antonites [email protected] | +27 (0)124206490 |
Prof I Pikirayi [email protected] | +27 (0)124204661 |
Die honneursgraad behels een jaar voltydse studie en bestaan uit kursuswerk, veld- en laboratorium werk, en eksamens. ’n Navorsingsverslag van tussen 10 000 woorde, gegrond op óf veldnavorsing óf versamelinggebaseerde navorsing, moet teen die einde van die akademiese jaar ingedien word.
Daar word ook van studente verwag om toepaslike departementele seminare asookplaaslike konferensies by te woon om aspekte van hulle navorsingprojek aan te bied.’n Plakkaataanbieding van die navorsingsprojek word sterk aanbeveel.
Studente moet minstens agt (8) weke veldwerk voor die einde van die honneurs-program voltooi en moet vaardigheid in basiese veldwerktegnieke toon.
Minimum krediete: 120
Module-inhoud:
Gevorderde argeologiese teorie Diepte-, deelnemende seminaarstyl-ontleding van die funkies van argeologiese teorie en die ontwikkeling daarvan in ’n globale konteks en in Afrika. Aktuele teoretiese ontwikkelings soos landskap, gender en bemiddeling word gedek. Studente sal ook kernnavorsingsvaardighede geleer word ten einde kritiese denke en evaluering te verbeter.Module-inhoud:
Studente werk dwarsdeur die jaar aan hulle navorsingsverslag. Hulle ontwikkel ’n navorsingsvraag en -voorstel, versamel die betrokke data, en verwerk die resultate in ’n navorsingsverslag van 10 000 woorde. Studente het gereelde ontmoetings met hul studieleiers wat aan die begin van die jaar aangewys word.Module-inhoud:
Gevorderde argeologiese metodiek en interpretasie Diepte-, deelnemende seminaarstyl-ontleding van veld- en laboratoriumtegnieke. Die geskiedenis, omvang en potensiaal van ’n reeks argeologiese tegnieke en metodes word ontleed. Studente word in die beginsels van ontwerp, implementering en analise van navorsing onderrig, met die fokus op spesialismetodes/-tegnieke wat by die Departement beskikbaar is (bv materiaalwetenskappenavorsing). Klem word geplaas op praktiese onderrig.Module-inhoud:
Hierdie module dek ’n verskeidenheid kontemporêre kwessies in argeologie wat wissel van die opkoms van sosiale kompleksiteit en staatstelsels in Suider-Afrika, tot die begrip van materiaal- kultuur in die argeologiese rekord. Die module-inhoud is bedoel om dinamies te wees, en kontemporêre tendense en ontluikende kwessies te weerspieël, terwyl dit in die kernnavorsings-temas en spesialiteite van die Department geanker is.Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App