Modulekode | FRK 300 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe |
Module-inhoud | *Slegs beskikbaar vir BCom (Rekeningkundige wetenskappe)-studente (Hierdie is ‘n kernmodule vir BCom (Rekeningkundige Wetenskappe) wat deel uitmaak van die GR-program. Modules word opgestel en aangebied met kennisname van die vereistes van die SAIGR se sillabus.) Hersiening van werk gedek in FRK 201 en toepassing van hierdie kennis op gevorderde probleme. Voorbereiding en aanbieding van maatskappy finansiële jaarstate in ooreenstemming met die vereistes van Standpunte oor Algemeen Aanvaarde Rekeningkundige Praktyk in verband met die volgende: inkomstebelasting; hure (insluitend verkoop-en terughuurooreenkomste); eiendom, aanleg en toerusting; beleggingseiendom; voorsienings; gebeure na balansstaatdatum; verdienste per aandeel (insluitend wesensverdienste); ontasbare bates; waardedaling (insluitend inleiding tot kontantgenererende eenhede); staatstoekennings; die uitwerking van verandering in wisselkoerse (insluitend skansrekeningkunde); leenkoste; werknemervoordele; niebedryfsbates gehou vir verkoop en beëindigde bedrywighede; geassosieerdes; gesamentlike ondernemings; kontantvloeistate; verdere aspekte van finansiële instrumente. Gevorderde konsolidasie-aangeleenthede, insluitend intragroeptransaksies; dividende; voorkeuraandele; herwaardasies; horisontale, vertikale en gemengde groepe; insolvente filiale; die verkryging van ‘n bykomende belang. Ontleding en vertolking van finansiële state, asook veranderinge in kapitaalstrukture. ‘n Tegniese vermoë om voorgaande kennis op komplekse probleme toe te pas, is noodsaaklik. |
Modulekrediete | 40.00 |
Programme | |
Voorvereistes | FRK 201 |
Kontaktyd | 5 lesings per week |
Onderrigtaal | Aparte klasse vir Engels en Afrikaans |
Akademiese organisasie | Rekeningkunde |
Aanbiedingstydperk | Jaar |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App