Jaarboeke

Metodiek van Geskiedenis 454


 
Modulekode JMH 454
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Opvoedkunde
Module-inhoud

Hierdie module het ten doel om studente toe te rus om Geskiedenis suksesvol aan te bied in die Senior- en Verdere Onderwys en Opleidingsfase. Studente bestudeer die teoretiese begronding van geskiedkundige geskrifte, inhoud van die syllabus en hoe om dit aan te spreek. Studente moet fase-spesifieke onderrigaktiwiteite voorberei volgens die vereistes van die skoolsillabus sodat hulle voorbereid kan wees vir hulle rol as Geskiedenisonderwysers. Studente bied lesse aan deur middel van mikro-onderrig en pas relevante assessering en vraagstelling toe; bied 'n mondelinge opdrag aan; en pas kommunikasievaardighede toe in die onderrig van Geskiedenis.

Modulekrediete 3.00
Onderrigtaal Afrikaans en Engels word in een klas gebruik
Akademiese organisasie Geesteswetenskaplike Opvoedkun
Aanbiedingstydperk Kwartaal 4

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences