Jaarboeke

Leerondersteuning 320


 
Modulekode JLD 320
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Opvoedkunde
Module-inhoud

Die doel van die module is om die student toe te rus met die kennis en vaardighede wat nodig is om leerders met leerprobleme in die klaskamer te identifiseer, te assesseer en intervensie strategieë te beplan om hulle te ondersteun. Ons fokus op die vroeë identifisering van leerprobleme, diagnostiese assessering om die oorsake daarvan te bepaal, sowel as intervensie strategieë om leerhindernisse in die Intermediêre Fase suksesvol aan te spreek. Die student sal leer hoe om die kurrikulum aan te pas vir leerders wat leerprobleme ondervind en hoe om hierdie leerders te ondersteun deur geleenthede te skep waar die leerder sukses kan behaal, leer om in sy eie vermoë te glo en sodoende ‘n positiewe selfbeeld te bou.

 

Modulekrediete 6.00
Kontaktyd 2 lesings per week
Onderrigtaal Aparte klasse vir Engels en Afrikaans
Akademiese organisasie Vroeë Kinderonderwys
Aanbiedingstydperk Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences