Jaarboeke

Program: MArch (Professioneel)

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
12252026 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 180
Contact:
Mr RJ van Rensburg
[email protected]
+27 (0)124203081
Dr N Botes
[email protected]
+27 (0)124204600

Programinligting

Die Magister in Argitektuur (Professioneel) is ’n gedoseerde magistergraad vir die doeleinde om as kandidaat professionele argitek by die Suid-Afrikaanse Raad vir die Argitektuurprofessie ingevolge Wet 44 van 2000 te registreer en word gedoen deur middel van ’n gedoseerde leergang, projekte, ’n ondersoekende ontwerp miniverhandeling en ’n ontwerpprojek en -diskoers.

 

Toelatingsvereistes

’n Kandidaat vir die graadprogram Magister in Argitektuur (Professioneel) moet:

(1) ’n gegradueerde met ’n BArchHons of ekwivalente universiteitsgraad wees;
 
of
 
(2) oor ’n toepaslike erkende tersiêre kwalifikasie op honneursgraadvlak beskik;
 
of
 
(3) oor ’n kwalifikasie beskik wat deur die Departementshoof in oorlegpleging met die Dekaan as voldoende beskou word (waar nodig) die toestemming van die Senaat verkry en enige ander voorgeskrewe vereistes nakom.
 
Daar kan van kandidate genoem in (2) en (3) hierbo na die diskresie van die Departementshoof vereis word om in voorvereiste kennisvelde geëvalueer te word en/of vir addisionele modules vir niegraaddoeleindes te registreer.
Kandidate genoem in (1) (2) en (3) hierbo
 
(i) moet verkieslik oor praktiese ondervinding beskik en/of ’n uitgebreide studiereis onderneem en gedokumenteer het;
 
(ii) word aan ’n onderhoud vir keuring onderwerp;
 
(iii) moet ’n portefeulje en/of ontwerpjoernaal voorlê wat die vereiste vlak van vaardigheid en bevoegdheid demonstreer en
wat as ’n rekord van sodanige kandidaat se ondervinding in die dissipline beskou kan word;
 
(iv) word volgens meriete gekeur.
Let wel: ’n Beperkte aantal kandidate word tot hierdie program toegelaat.

 

 

Addisionele vereistes

Verwys na G Regulasies G.30 tot G.40 en G. 50 tot G.54.

 

Ander programspesifieke inligting

Ontwerp-onderwerp

Die onderwerp waaroor die finale Ontwerpprojek (DIT 801 & DPD 801) handel, moet deur die Departementshoof goedgekeur word.

Toekenning van graad

Die graad word aan ’n student toegeken wat die voorgeskrewe aantal krediete verwerf het. Studente wat op voorwaardes toegelaat is, moet aan al die voor-waardes voldoen voordat die volle 700-reeks modulekrediete en die graad toegeken word.

Eksamens en slaagvereistes

Die minimum slaagpunt is 50%. ’n Minimum van 40% word in die eksamen vereis, met ’n minimum finale punt van 50% om te slaag. Indien die module nie geëksamineer word nie, word ’n minimum slaagpunt van 50% vir kursuswerk vereis. Indien kursuswerk nie geëvalueer word nie, word ’n minimum slaagpunt van 50% in die eksamen vereis.

Navorsing

G Regulasie G.39.12 is van toepassing.

Slaag met lof

Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat met eerste registrasie beide die Ondersoekende ontwerp miniverhandeling (DIT 801) en die Ontwerpprojek en diskoers (DPD 801) met onderskeiding (75%) slaag mits die graad binne die minimum voorgeskrewe tydperk voltooi en alle ander finalejaarmodules met eerste registrasie geslaag is.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences