VI. DIPLOMAS EN SERTIFIKATE (G.55-G.56)
G.55 Behoudens andersluidende bepalings in fakulteitsregulasies is die Algemene Regulasies met die nodige veranderinge op diplomas en sertifikate van toepassing.
G.56 TOEPASSING VAN OU EN NUWE REGULASIES
1. Indien ’n regulasie waarvolgens 'n leergang saamgestel is, gewysig word, mag 'n student wat sy of haar leergang onder 'n ou regulasie begin het en wat hul studie nie onderbreek het nie, die leergang volgens die ou regulasie voltooi, met dien verstande dat 'n fakulteitsraad oorgangsbepalings kan formuleer ten einde sodanige student in staat te stel om die studie volgens die nuwe regulasie te voltooi.
2. 'n Student wat vir 'n diploma- of sertifikaatprogram geregistreer was en
(a) versuim het om sy of haar registrasie vir sodanige diploma- of sertifikaatprogram in die daaropvolgende kalenderjaar te hernu; of
(b) wat in ’n studiejaar gedruip het; of
(c) kragtens fakulteitsregulasies nie voldoen het aan die voorgeskrewe vorderingsvereistes nie,
word geag asof hy of sy studie onderbreek het en verbeur die reg om die studies volgens 'n ou regulasie voort te sit.
Die dekaan mag in uitsonderlike gevalle aan sodanige student die vergunning verleen om sy of haar studie onder sodanige voorwaardes voort te sit as wat die dekaan mag bepaal.
Copyright © University of Pretoria 2023. All rights reserved.
COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal
To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]
Get Social With Us
Download the UP Mobile App