II. BACCALAUREUS HONORES-GRAAD (G.16-G.29)
G.16 TOELATING
1. Behoudens die bepalings van G.1.3 en G.54, word ’n kandidaat slegs tot die studie vir die baccalaureus honores-graad toegelaat, indien hy of sy in besit is van ’n baccalaureusgraad.
2. ’n Kandidaat kan deur die departementshoof toelating tot ’n baccalaureus honores-graad geweier word, indien hy of sy nie aan die standaard van bekwaamheid in die vak, soos deur die departement bepaal, voldoen nie, met dien verstande dat ’n kandidaat wat nie aan die vereiste bekwaamheid voldoen nie, toegelaat kan word op voorwaarde dat addisioneel ooreengekome studieopdragte voltooi en/of eksamens afgelê moet word.
3. ’n Kandidaat wat toelating tot ’n baccalaureus honores-graad geweier is, kan die dekaan versoek dat sy of haar aansoek om toelating ingevolge die voorgeskrewe prosedure heroorweeg moet word.
G.17 REGISTRASIE
Die bepalings van G.2 is met die nodige veranderinge van toepassing.
G.18 HERNUWING VAN REGISTRASIE
1. Die bepalings van G.3.1 is met die nodige veranderinge van toepassing.
2. Behoudens uitsonderings wat die dekaan op aanbeveling van die departementshoof goedkeur en, in die geval van afstandonderrig waar die dekaan die toepaslike bepalings formuleer, kan ’n student hom of haar nie meer as twee maal vir die baccalaureus honores-eksamen in dieselfde vak aanmeld nie.
3. ’n Student vir ’n baccalaureus honores-graad moet sy of haar studie, in die geval van voltydse studente, binne twee jaar voltooi, en in die geval van na-uurse studente, binne drie jaar na die eerste registrasie vir die graad, en in die geval van afstandonderrigstudente binne die tydperk wat die dekaan bepaal, met dien verstande dat die dekaan op aanbeveling van die departementshoof in buitengewone omstandighede ’n vasgestelde beperkte verlenging van die tydperk kan goedkeur.
G.19 BEËINDIGING VAN REGISTRASIE
Die bepalings van G.4 is met die nodige veranderinge van toepassing.
G.20 TOEPASSING VAN OU EN NUWE REGULASIES
Die bepalings van G.5 is met die nodige veranderinge van toepassing.
G.21 GELYKTYDIGE REGISTRASIE VIR TWEE STUDIERIGTINGS
Die bepalings van G.6 is met die nodige veranderinge van toepassing.
G.22 MINIMUM STUDIETYDPERKE EN VEREISTES VIR BACCALAUREUS HONORES-GRADE
1. (G.S.16) ’n Baccalaureus honores-graad word slegs aan ’n student toegeken indien aan die volgende minimum studietydperke voldoen is:
(a) Een akademiese jaar nadat die kwalifikasie verwerf is op grond waarvan toelating tot die studie verkry is.
(b) Waar ’n baccalaureus honores-graad gelyktydig met ’n baccalaureus-graad geneem word, een akademiese jaar bo en behalwe die minimum tydperk voorgeskryf vir die betrokke baccalaureusgraad, met dien verstande dat die Universiteit, in geval van uitsonderlike meriete, die minimum bywoningstydperk in ooreenstemming met die Gemeenskaplike Statuut kan verkort.
2. Benewens die bepalings van G.22.1, word ’n baccalaureus honores-graad slegs aan ’n student toegeken, indien voldoen word aan al die vereistes in fakulteitsregulasies neergelê.
G.23 ERKENNING VAN MODULES
1. [G.S.18(3)] Behoudens die bepalings van G.22.1, G.23.2 en die Gemeen-skaplike Statuut, kan ’n dekaan modules wat geslaag is by ’n ander tersiêre inrigting of by hierdie Universiteit in ’n ander departement as die waarin die honneursstudie onderneem word, erken vir ’n ander baccalaureus honores-graad, met dien verstande dat ten minste die helfte van die vereiste modules vir die betrokke graad aan hierdie Universiteit bygewoon en geslaag moet word.
2. Indien daar oorvleueling in die kursusinhoude van die graad waarvoor die student wil inskryf of ingeskryf is en die graad wat reeds toegeken is, voorkom, mag die dekaan nie enige modules wat deel is van die graad wat reeds toegeken is, erken nie.
G.24 VEREISTES VIR EKSAMENTOELATING, BEVORDERING TOT ’N VOLGENDE STUDIEJAAR OF PROMOVERING IN ’N MODULE EN BYWONINGS-MODULES
Die bepalings van G.10 is met die nodige veranderinge van toepassing.
G.25 JAAR- EN SEMESTERPUNTE
Die bepalings van G.11 is met die nodige veranderinge van toepassing.
G.26 EKSAMENS
1. Eksamens en navorsingsverslae
2. Slaagvereistes
Die bepalings van G.12.2 is met die nodige veranderinge van toepassing.
3. Aanvullende eksaminering, hereksamens, buitengewone eksamens en spesiale eksamens
Die bepalings van G.12.3 tot G.12.6 is met die nodige veranderinge van toepassing.
G.27 EKSAMINATORE
Die bepalings van G.13 is met die nodige veranderinge van toepassing.
G.28 HERNASIEN VAN EKSAMENANTWOORDSTELLE
Die bepalings van G.14 is met die nodige veranderinge van toepassing.
G.29 VOLDOENING AAN GRAADVEREISTES EN GRAADVOORREGTE
Die bepalings van G.15 is met die nodige veranderinge van toepassing.
Copyright © University of Pretoria 2023. All rights reserved.
COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal
To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]
Get Social With Us
Download the UP Mobile App