Jaarboeke

Algemene inligting

Beurse en lenings

Besonderhede in verband met beurse en lenings is beskikbaar by www.up.ac.za/feesfunding.

Koshuisverblyf

Aansoeke om verblyf in universiteitskoshuise vir ’n bepaalde jaar kan vanaf 1 Maart van die voorafgaande jaar ingedien word. Aansoeke word slegs oorweeg indien daar oop plekke beskikbaar is, en voornemende studente word aangeraai om vroegtydig aansoek te doen.

Let wel: Toelating tot die Universiteit beteken nie outomaties dat koshuisverblyf ook beskikbaar is nie.

Wysiging van regulasies en gelde

Die Universiteit behou die reg om regulasies en leerplanne, waar nodig, te wysig en gelde ten opsigte van modules sonder kennisgewing aan te pas.

Let wel: Die gelde soos geadverteer en derhalwe gehef vir ’n module of studieprogramaanbieding, verteenwoordig ’n samestelling van die koste vir sigbare dienste (byvoorbeeld lesings, praktika, laboratoriumtoegang, verbruikbare items in laboratoriums, ens) wat gelewer word, en die geassosieerde indirekte oorhoofse koste soos onder andere die voorsiening van biblioteek- en ontspanningsfasiliteite, sekuriteits- en skoonmaakdienste, elektrisiteits- en water-verbruik, ens. Die gelde vir ’n module of studieprogramaanbieding kan dus nie bloot met die sigbare dienste wat gelewer word, gerekonsilieer word nie.

Verwelkomingsdag, registrasie en aanvang van die akademiese jaar

Besonderhede van die verwelkomingsdag waarheen alle ouers hartlik uitgenooi word, asook die daaropvolgende program vir registrasie en aanvang van die akademiese jaar waartydens alle nuweling-eerstejaarstudente teenwoordig moet wees, is verkrygbaar by die kantoor van die Studentedekaan.

Voorgeskrewe boeke

Lyste van voorgeskrewe boeke is nie vooraf beskikbaar nie. Die betrokke dosente deel studente na die aanvang van lesings mee watter boeke voorgeskryf is.

In die Fakulteit Gesondheidswetenskappe, sal lyste van voorgeskrewe boeke wel vir alle studieprogramme beskikbaar gestel word. Ten opsigte van alle studieprogramme, sal die betrokke dosente studente egter na die aanvang van lesings meedeel watter boeke voorgeskryf is. Aangaande MBChB, sal die voorgraadse kurrikulumkomitee besluit op die voorgeskrewe boeke en die inligitng aan studente oordra sodra die lesings begin.

Inligtinggeletterdheid

Die Departement Biblioteekdienste is die biblioteek van die Universiteit van Pretoria. Inligtinggeletterdheidskursusse word aangebied deur die inligtingkundiges. Kontak asseblief u inligtingkundige vir opleiding.

Akademiese drag by promosieplegtighede

 

 

AKADEMIESE DRAG BY PROMOSIEPLEGTIGHEDE

 

  1.

DOKTORSGRAAD

 

Toga:

’n Rooi toga (Cambridge-model) met ’n 15 cm-strook in die fakulteitskleur op die voorpant.

 

Baret:

'n Rooi baret (Utrechtse model) met tossel in fakulteitskleur.

 

Skouerband:

Maroen skouerband uitgevoer in die kleur van die fakulteit (Oxfordse model), met ’n 7,5 cm-rand in die kleur van die fakulteit.

 

2.

MAGISTERGRAAD

 

Toga:

'n Swart toga (Cambridge-model).

 

Baret:

'n Plat vierkantige swart baret met tossel in fakulteitskleur.

 

Skouerband:

Swart uitgevoer met die kleur van die fakulteit met 'n 7,5 cm-rand in die kleur van die fakulteit.

 

3.

BACCALAUREUS HONORES-GRAAD

 

Toga:

’n Swart toga soos vir baccalaureusgrade.

 

Baret:

'n Plat vierkantige swart baret met tossel in fakulteitskleur.

 

Skouerband:

Soos vir baccalaureusgrade maar omsoom met 'n 2 cm- strook van die basismateriaal.

4.

BACCALAUREUSGRAAD

 

(a) Algemeen

 

Toga:

'n Swart toga (Cambridge-model).

 

Baret:

'n Plat vierkantige swart baret met tossel in fakulteitskleur.

 

Skouerband:

Grys met 'n 7,5 cm-randstrook in die kleur van die fakulteit.

 

 

 

(b) Baccalaureus Divinitatis en Baccalaureus Educationis

 

Toga:

'n Swart toga soos vir baccalaureusgrade.

 

Baret:

'n Plat vierkantige swart baret met tossel in fakulteitskleur.

 

Skouerband:

Soos vir baccalaureusgrade maar omsoom met 'n 2 cm-strook van die basismateriaal.

 

5.

DIPLOMAS EN SERTIFIKATE

 

Toga:

'n Swart toga (Cambridge-model).

 

Baret:

'n Plat vierkantige swart baret met ’n swart tossel.

 

Skouerband:

’n Band, 12 cm breed, en gemaak van kasjmiermateriaal in die voorgeskrewe fakulteitskleure, met ’n 5 cm V-vormige nekstuk met ’n grys strook in die middel van die nekstuk vir alle diplomas en sertifikate.

 

Let wel:

Persone in die SANW, SAPD, ensovoorts, wat die grade-plegtigheid in uniform wil bywoon, moet aan die volgende voorskrifte voldoen:

(i)    'n toga moet gedra word

(ii)   die baret, en nie die hoofdeksel nie, word op die hoof gedra.

 

FAKULTEITSKLEURE

 

FAKULTEIT

KLEUR

1.

Geesteswetenskappe

Oranje

2.

Natuur- en Landbouwetenskappe

Groen

3.

Regsgeleerdheid

Skarlaken

4.

Teologie

Pers

5.

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Donkerblou

6.

Veeartsenykunde

Salm

7.

Opvoedkunde

Ougoud

8.

Gesondheidswetenskappe

Poublou

9.

Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie

Turkoois


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences