Jaarboeke

Program: MIng Vervoeringenieurswese

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
12250111 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 180

Programinligting

  • Tensy die Dekaan, op aanbeveling van die betrokke departementshoof, anders besluit, word die magistergraad toegeken op grond van eksamens in kursuswerk en ’n miniverhandeling of ’n verhandeling (insluitend ’n eksamen oor die verhandeling).
  • 'n Minimum van 128 krediete word vereis vir die Ming. 'n Miniverhandeling (64 krediete) en kursuswerk (64 krediete) of ’n verhandeling (128 krediete) word in die program ingesluit..
  • Geen erkenning sal verleen word vir krediete wat tydens studie vir die BIngHons of die BScHons verwerf is nie.
  • Die leergang word in oorleg met die betrokke departementshoof bepaal.
  • Enige spesifieke module word aangebied op voorwaarde dat ’n sekere minimum getal studente daarvoor inskryf, soos bepaal deur die departementshoof en die Dekaan. Raadpleeg die betrokke departementshoof oor die samestelling van ’n sinvolle nagraadse studieprogram, asook oor die leerinhoud van die modules. Raadpleeg ook die betrokke departementele nagraadse brosjures.

Toelatingsvereistes

Behoudens die bepalings van Reg. G.1.3 en G.54 word ‘n BIngHons-graad of ‘n gelykwaardige kwalifikasie vereis vir toelating tot die MIng-programme. 

 

 

Eksamens en slaagvereistes

Die bepalings van toepaslike Fakulteitsregulasie geld.

Die Dekaan kan, op aanbeveling van die departementshoof, besluit om ’n student vry te stel van die eksamen oor die verhandeling.

Riglyne oor die voorbereiding en eksaminering van miniverhandelings is by alle departemente beskikbaar. Die gemiddelde punt van al die eksaminatore is die finale punt, met ’n slaagsyfer van minstens 50%.

Navorsing

Die student moet deur middel van ’n verhandeling of miniverhandeling bewys lewer dat hy of sy in staat is om ’n wetenskaplike ondersoek te beplan, in te stel en uit te voer. Tensy die Senaat, op aanbeveling van die betrokke studieleier, anders besluit, moet die student voor of gelyktydig met die indiening van die verhandeling ’n bewys uitgereik deur ’n erkende akademiese tydskrif dat ’n artikel ingedien is, by die Hoof: Studenteadministrasie indien. Die konsepartikel moet gebaseer wees op die navorsing wat die student vir die verhandeling gedoen het en moet deur die studieleier goedgekeur wees indien die studieleier nie ’n mede-outeur is nie. Die studieleier sal verantwoordelik wees om toe te sien dat die artikel deur die proses van hersiening en hervoorlegging geneem word, soos wat vereis mag word. Die toekenning van die graad is onderworpe aan nakoming van die voorwaardes van hierdie regulasie.

Slaag met lof

  1. 'n Student wat ’n verhandeling indien, slaag met lof indien ’n gemiddelde punt van minstens 75% behaal word vir die verhandeling (en die eksamen oor die gebied van die verhandeling).
  2. 'n Student wat die magistergraad voltooi op grond van kursuswerk en ’n miniverhandeling, slaag met lof indien ’n geweegde gemiddelde van minstens 75% behaal word in die eerste 128 krediete wat vir die graad voltooi is [eerste 256 krediete in geval van die MIng (Ingenieursbestuur), MIng (Projekbestuur), MSc (Ingenieursbestuur) en die MSc (Projekbestuur)], met dien verstande dat die miniverhandeling 64 van die genoemde krediete tel. Die graad word egter nie met lof toegeken indien die student enige van die modules wat deel vorm van bogenoemde krediete gedruip het nie (modules wat betyds gestaak is, uitgesluit) en ook nie indien die student minder as 70% vir die miniverhandeling behaal het nie.

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences