Jaarboeke

Program: MCur Verplegingsbestuur (Gedoseer)

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10251112 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 2 jaar

Programinligting

Die magistergraad kan slegs toegeken word in die studierigting waarin die voorafgaande graad of gelykwaardige kwalifikasie verwerf is. Al die verskillende rigtings word nie elke jaar aangebied nie. Die aanvang van studie moet dus vooraf met die departementshoof uitgeklaar word.

 

Toelatingsvereistes

(i)      Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies, is die Baccalaureusgraad in Verpleegkunde ’n vereiste vir toelating. In die geval van die niekliniese rigtings, kan ’n ander goedgekeurde baccalaureusgraad ook oorweeg word.

(ii)     Suksesvolle aflegging van ’n toelatingseksamen, volgens die diskresie van die departementshoof.

(iii)    Addisionele toelatingsvereistes soos in die lys hieronder genoem, geld vir elk van die volgende onderskeie spesialiseringsrigtings:

Kliniese rigtings:

  1. Minstens een jaar ondervinding as geregistreerde verpleegkundige in die werkplek, wat deur die Departementshoof as geskik vir die voorgenome studierigting beskou word; ander verpleegkunde-verwante modules uitgesluit.
  2. Studente moet toegang hê, ten minste op ’n deeltydse basis, tot kliniese leerfasiliteite wat geskik is vir die gekose spesialiserings-gebied en wat vir die doeleindes van die betrokke rigting van die magistergraad deur die departmentshoof goedgekeur is.
  3. Registrasie by die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging (SARV) word soos volg vereis:
  • Vir Gevorderde Mediese en Chirurgiese Verpleegkunde (Kritiekesorgverpleging: Algemeen) as algemene verpleegkundige.
  • Vir Gevorderde Mediese en Chirurgiese Verpleegkunde (Kritiekesorgverpleging: Trauma- en Noodverpleegkunde) as algemene verpleegkundige.
  • Vir Gevorderde Verloskundige en Neonatale Verpleegkunde as algemene verpleegkundige en as vroedvrou/vroedmeester.
  • Vir Gevorderde Psigiatriese Verpleegkunde as algemene verpleegkundige en as psigiatriese verpleegkundige.
  • Vir Gevorderde Gemeenskapsverpleegkunde as algemene verpleegkundige, gemeenskapsverpleegkundige en as vroedvrou/vroedmeester.
  • Vir Gevorderde Kinderverpleegkunde as algemene verpleeg-kundige en as vroedvrou/vroedmeester.
  • Vir Gevorderde Neonatale Verpleegkunde as algemene verpleegkundige en as vroedvrou/vroedmeester.
  • Vir Gevorderde Vrouegesondheid as algemene verpleegkundige, gemeenskapsverpleegkundige en as vroedvrou/vroedmeester.
  • Vir Primêre Kuratiewe Verpleegkunde as algemene verpleeg-kundige, gemeenskapsverpleegkundige en as vroedvrou/-meester, asook lysting by die SARV in Medisynehantering in Verpleegkunde en Fisiese Evaluering van Pasiënte.

Niekliniese rigtings:

Registrasie by die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging (SARV) word soos volg vereis:

-     Vir Verplegingsbestuur, as algemene verpleegkundige en in verpleeg-administrasie (Verplegingsbestuur).

-     Vir Verplegingsonderwys, as algemene verpleegkundige en dosent.

Eksamens en slaagvereistes

  1. 'n Finale punt van minstens 50% moet in elk van die voorgeskrewe modules behaal word ten einde die betrokke modules te kan slaag.
  2. Modules met 'n praktiese en/of kliniese opleidingskomponent kan slegs geslaag word indien al die voorgeskrewe praktiese en/of kliniese werk tot die bevrediging van die departementshoof voltooi is.
  3. Die graad word toegeken aan ’n student wat aan al die gestelde programvereistes voldoen het.

Slaag met lof

  1. Die graad word met lof toegeken aan 'n student wat 'n gemiddelde van minstens 75% gehandhaaf het vir die duur van sy of haar studies; Verpleegnavorsingsmetodologie (VNM 800) en Gevorderde verpleegpraktykdinamika (DNP 800) uitgesluit.
  2. Studente wat die graad in 'n kliniese spesialiseringsrigting voltooi, se graadsertifikaat sal met die betrokke subspesialiseringsrigting geëndosseer word.

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences