Jaarboeke

Program: BScHons Lugvaart- en Ruimtegeneeskunde

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10244021 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar

Programinligting

Die volgende vereistes word gestel:

  • Gevorderde onderrig by wyse van selfstudie en lesings.
  • 'n Student moet die module TNM 800 Toegepaste navorsingsmetodologie slaag 800.
  • 'n Student moet die module PHM 770 Studie in openbare gesondheid slaag 770.
  • 'n Student moet ‘n navorsingsverslag (of projek) ter waarde van minstens 30 krediete slaag.

Toelatingsvereistes

- 'n Kandidaat moet in besit wees van 'n baccalaureusgraad wat volgens die oordeel van die departementshoof aanvaarbaar vir die voorgenome studie is of 'n gelykwaardige kwalifikasie wat volgens die Senaat aanvaarbaar vir die voorgenome studie is met ten minste een toepaslike biologiese vak as hoofvak.

- Toelating tot honneursstudie is onderhewig aan die goedkeuring van die departementshoof: Met dien verstande dat 'n student wat 'n gemiddelde van minder as 60% in sy of haar hoofvakmodules in die finale studiejaar van die baccalaureusgraad behaal het slegs met goedkeuring van die Dekaan op aanbeveling van die departementshoof tot studie toegelaat kan word. Bykomende vereistes kan deur die departementshoof gestel word.

 

Addisionele vereistes

  • Kandidate moet in besit wees van ’n MBChB of gelykstaande graad wat deur die departementshoof as aanvaarbaar geag word.
  • Kandidate moet geregistreerde Lugvaart Mediese Eksaminatore wees.

 

 

Eksamens en slaagvereistes

  1. Al die individuele modules in elke studierigting moet met 'n punt van minstens 50% elk geslaag word voordat ‘n student in die studierigting kan gradueer.
  2. Elke studierigting het 'n spesifieke, ekstern gemodereerde, summatiewe assessering wat ook geslaag moet word voordat die student kan gradueer.

Slaag met lof

Die graad word met lof toegeken aan 'n student wat 'n gemiddelde van minstens 75% in die summatiewe assessering, asook 'n gemiddelde van 75% vir die oorblywende komponente van die kurrikulum (dws uitsluitende die summatiewe assesseringspunt) behaal het.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences