Jaarboeke

Program: BDieetkunde Dieetkunde

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10139001 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 4 jaar Totale krediete: 840
Contact:
Prof FAM Wenhold
[email protected]
+27 (0)123543200

Programinligting

Die duur van die program is vier akademiese jare waartydens ’n student praktyk-opleiding as studentdieetkundige ontvang aan instelling(s) wat deur die Universiteit vir dié doel goedgekeur is.

Elke student in Dieetkunde moet onmiddellik na toelating tot die eerste studiejaar, by die Registrateur van die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika aansoek doen om geregistreer te word as ’n student in Dieetkunde.

Studente moet na die eerste semester van die derde studiejaar en voor die aanvang van die vierde studiejaar gedurende die universiteitsvakansie vir minstens vier weke toepaslike elektiewe opleiding (Kode DTT 380), onder toesig van ’n dieetkundige, aan ’n instelling wat deur die Universiteit vir dié doel goedgekeur is, voltooi.

Let wel:

‘n Gewysigde leergang, soos hieronder uiteengesit, word vir die program ingefaseer. Die gewysigde eerste jaar van studie sal vir die eerste keer in 2015 gevolg word, die tweede jaar van studie in 2016, die derde jaar van studie in 2017 en die vierde jaar van studie in 2018.

Studente wat voor 2015 vir die BDieetkunde-graadprogram geregistreer het, sal die graadprogram volgens die ou leergang voltooi.       

 

 

Toelatingsvereistes

  • Ten einde te kan registreer moet NSS/IEB/Cambridge-kandidate voldoen aan die minimum vereistes vir graadstudie en aan die minimum vereistes van die betrokke studieprogram. • Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die TPT.
  • Graad 11-uitslae word gebruik vir die voorlopige toelating van voornemende studente.
  • Toelating vir Gesondheidswetenskappe studieprogramme is onderhewig aan ? keuringsproses.
  • Aansoeke van internasionale kandidate van lande waar mediese skole bestaan, sal nie vir die MBChB-studieprogram oorweeg word nie.

Vir keuringsdoeleindes word die som van die uitslae in ses vakke, insluitend Engels, Wiskunde en Fisiese Wetenskap bereken.

 

Minimum vereistes for 2016

Prestasie Vlak

TPT

Engels

Wiskunde

Fisiese Wetenskappe

NSS/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

NSS/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

NSS/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Vlak

4

3

D

D

4

3

D

D

4

3

D

D

25

 

Addisionele vereistes

Sien ook die Algemene Regulasies.

Let wel: Studente wat voor 2015 vir die BDieetkunde-graadprogram geregistreer het, sal die graadprogram voltooi volgens die regulasies soos vervat in die 2014 Jaarboek.

Ander programspesifieke inligting

Vrystelling van die eksamen in (FAR) Farmakologie 381, 382
Vrystelling van die eksamen kan toegestaan word indien 'n student wat 'n modulepunt van minstens 60% behaal het, die opsie uitoefen om dit as finale punt te aanvaar.

Eksamens en slaagvereistes

(i)   Elke vraestel (Vraestel 1 en 2) van die skriftelike eksamen in Mediese voedingterapie 323, 411 en 480 (MNX 323, 411, 480), asook die praktiese eksamen in MNX 411, moet individueel met ’n subminimum van 40% geslaag word.

(ii)  Elke vraestel vir die tweede eksamengeleentheid in Mediese voedingterapie 323, 411 en 480 (MNX 323, 411, 480), sowel as die praktiese eksamen in MNX 411 (tweede eksamengeleentheid), moet individueel met ’n sub-minimum van 50% geslaag word.

  • Ingevolge die bepalings van die Algemene Regulasies is daar geen minimum jaar- of semesterpunt wat benodig word om tot die eksamen toegelaat te word nie en kry alle geregistreerde studente outomaties toelating tot die eksamen.
  • Die finale punt vir 'n bepaalde module in Verpleegkunde, Fisioterapie, Radiografie, Arbeidsterapie en Mensvoeding (minstens 50% word vereis om te slaag) word bereken uit die eksamenpunt sowel as die punt saamgestel uit die evaluasie van 'n student tydens deurlopende, objektiewe en gekontroleerde assesserings-geleenthede gedurende die kwartaal/semester/jaar. Minstens een formele assessering per module word as die minimum norm in dié verband gestel, en studente sal deurgaans op ’n gereelde grondslag aan selfgerigte leeropdragte blootgestel word ten einde selfgerigte leer te bevorder.
  • In die geval van modules met praktiese komponente word vereis dat die studente aan al die toepaslike bywoningsvereistes met betrekking tot die bemeestering van praktiese vaardighede voldoen alvorens ’n slaagpunt vir die module verwerf word.
  • Daar is twee hoofeksamengeleenthede per jaar, die eerste en tweede eksamen. Ten opsigte van eerstesemestermodules is die eksamengeleentheid in Mei/Junie en die tweede eksamengeleentheid in Julie. Ten opsigte van tweedesemester-modules is die eerste eksamengeleentheid in Oktober/November en die tweede eksamengeleentheid in November/Desember van dieselfde jaar. In gevalle waar studente addisionele kliniese werkure moet voltooi om tot ’n tweede eksamen toegelaat te word, sal die departementshoof die tweede eksamengeleentheid bepaal.
  • Slegs twee eksamengeleenthede per module is toelaatbaar. Indien ’n student ’n module tydens die tweede eksamengeleentheid druip, moet die betrokke module herhaal word.
  • 'n Tweede eksamengeleentheid in ’n module word in die volgende gevalle aan studente verleen:

- Indien ’n student ’n finale punt van minder as 50% in die betrokke module gedurende die eerste eksamengeleentheid behaal het en dus druip.
- Indien ’n student nie die subminimum in die eksamen, wat vir ’n bepaalde module vereis word, behaal het nie.
- Indien ’n student weens siekte of buitengewone omstandighede nie die eksamen in ’n module gedurende die eerste eksamengeleentheid kon aflê nie.

  • Studente wat weens bogemelde redes die tweede eksamen wil aflê, moet 24 uur na die uitslae ontvang is, registreer vir die tweede eksamengeleentheid.
  • Indien ’n student ’n module tydens die eerste eksamengeleentheid gedruip het, word die eksamenpunt wat hy of sy tydens die tweede eksamengeleentheid in die betrokke module behaal, as die finale punt verreken. Die punte wat met die deurlopende evaluering gedurende die kwartaal/semester/jaar verwerf word, word nie in berekening gebring nie. Indien die student die module tydens die tweede eksamengeleentheid slaag, word nie meer as 50% as slaagpunt in die betrokke module toegeken nie.
  • Indien ’n student as gevolg van siekte of buitengewone omstandighede nie aan die eksamen in ’n module tydens die eerste eksamengeleentheid kon deelneem nie, word die deurlopende evalueringspunt, tesame met die eksamenpunt wat tydens die tweede eksamengeleentheid in die betrokke module behaal is, as die finale punt in die module behaal, bereken.
  • Die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe pas die bepalings van die Algemene Regulasies toe. Daarvolgens mag ’n student wat ’n beperkte aantal modules uitstaande het ten einde aan graadvereistes te kan voldoen, kragtens fakulteitsregulasies tot ’n spesiale eksamen daarin toegelaat word.

Bevordering tot volgende studiejaar

  • 'n Student moet al die voorgeskrewe kernmodules van 'n spesifieke studiejaar slaag ten einde bevorder te kan word tot die daaropvolgende studiejaar. 'n Student kan slegs tot 'n volgende studiejaar bevorder word indien hy of sy nie meer as twee fundamentele modules van sewe weke elk per semester of een module van 14 weke per semester gedruip het nie. ’n Ononderhandelbare voorvereiste vir toelating tot die finale studiejaar is slaagpunte in al die kern- en fundamentele modules van die voorafgaande studiejare.
  • Raadpleeg die Jaarboek vir fundamentele modules in elke dissipline.
  • 'n Slaagpunt verwys na 'n finale punt van minstens 50%.
  • Modules met krediete vir praktiese werk en kliniese opleiding kan nie geslaag word nie, alvorens al die voorgeskrewe kliniese ure en praktiese aktiwiteite tot die bevrediging van die departementshoof voltooi is.
  • Die Voorsitter van die eksamenmodereringsvergadering mag na beoordeling van die student se totale profiel, spesiale toestemming aan die student verleen/toestaan om tot 'n volgende studiejaar bevorder te word.
  • Die uitsondering is die Departement Mensvoeding, waar die regulasies van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe ten opsigte van die modules deur daardie Fakulteit aangebied, van toepassing is.
  • Modules kan slegs vooruitgeneem of herhaal word indien dit in die bestaande eksamenrooster geakkommodeer kan word.
  • 'n Student wat 'n studiejaar herhaal, mag met die toestemming van die Voorsitter van die eksamenmodereringsvergadering en die betrokke departementshoof, toegelaat word om fundamentele modules van die daaropvolgende jaar te neem, mits hy of sy aan die voorvereistes vir die betrokke modules voldoen. Geen aanpassing van bestaande roosters sal toegelaat word nie. Die volgende fundamentele modules is ter sprake:

Departement Verpleegkunde: SLK 110, 120; FSG 251, 252.

  • Departement Fisioterapie: SOH 254; FSG 251, 252, 261, 262, SLK 210
  • ANP 210, GMB 252, 253, 254, FAR 381, 382
  • Departement Arbeidsterapie: ZUL 110; SEP 110; SLK 210, 220;
  • FSG 251, 252, 261, 262; ANP 210; RPD 481; GNK 286
  • Departement Mensvoeding:  FLG 211, 212, 221, 222;
  • BCM 251, 252, 261, 262; FAR 381, 382, VDS 322; VDB 321
  • Departement Radiografie:  FSG 251, 252, 262; GNK 286; ANP 210.

Praktiese/kliniese/internskapinligting

Internskapopleiding (tweede semester van die finale studiejaar):

Die drie verpligte semestermodules CNT 480, MNX 480 en FSS 480 maak gesamentlik die internskapopleiding uit en moet gelyktydig geneem word.

Slaag met lof

Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat in die volgende modules ’n gemiddelde van minstens 75% behaal het: CNT 411, 480 gesamentlik, sowel as MNX 411, 480 gesamentlik, en FSS 480 gesamentlik.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences