Jaarboeke

Program: BCMP Kliniese Mediese Praktyk

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10130011 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 3 jaar Totale krediete: 408
Contact:
Dr JM Louw
[email protected]
+27 (0)123563309

Programinligting

Die geïntegreerde, uitkomsgebaseerde, probleem-georiënteerde graadprogram bestaan uit teoretiese modules en kliniese rotasies.

Toelatingsvereistes

  • Ten einde te kan registreer moet NSS/IEB/Cambridge-kandidate voldoen aan die minimum vereistes vir graadstudie en aan die minimum vereistes van die betrokke studieprogram.
  • Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die TPT.
  • Graad 11-uitslae word gebruik vir die voorlopige toelating van voornemende studente.
  • Toelating vir Gesondheidswetenskappe studieprogramme is onderhewig aan ? keuringsproses.
  • Aansoeke van internasionale kandidate van lande waar mediese skole bestaan, sal nie vir die MBChB-studieprogram oorweeg word nie.

 

Minimum vereistes vir 2016

Prestasievlak

TPT

Engels

Wiskunde

NSS/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

NSS/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

4

3

D

D

4

3

D

D

25

 

 

Addisionele vereistes

Raadpleeg ook die Algemene Regulasies.

  • Elke student moet onmiddellik ná toelating tot die eerste studiejaar by die Registrateur van die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika, aansoek doen om registrasie as ’n student in Kliniese Mediese Praktyk.
  • Na verwerwing van die graad, moet gegradueerdes ook by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika registreer.

Ander programspesifieke inligting

Let wel: Derde studiejaar

  • Sommige modules sal in die eerste of die tweede semester aangebied bygewoon en deurlopend geassesseer word afhangende van rotasiereëlings.
  • Punte behaal in die kliniese rotasies word in berekening gebring by die bepaling van die betrokke modulepunte.
     

Eksamens en slaagvereistes

Eksamens en slaagvereistes

(i)      Ingevolge die bepalings van die Algemene Regulasies, word geen minimum jaar- of semesterpunt vereis vir toelating tot die eksamen nie. Voldoende bywoning van (meer as 90%) en aktiewe deelname aan voorgeskrewe kliniese aktiwiteite soos aangeteken in die kliniese logboek word vereis vir toelating tot die eksamen.

(ii)     ’n Finale modulepunt in die betrokke module word egter bereken uit die module-eksamenpunt sowel as die modulepunt wat saamgestel word uit die deurlopende evaluering tydens die aanbieding van die module (d.i. die semester-, jaar-, of modulepunt). Laasgenoemde word bereken uit die punte behaal in een of meer van die onderstaande:

(aa)  Evaluasies van teoretiese kennis.

(bb)  Evaluasies van kliniese kennis en vaardighede.

(cc)   Verpligte bywoning van en deelname aan voorgeskrewe aktiwiteite.

(dd)  Verpligte bywoning van alle akademiese ondersteuningsaktiwiteite vir die eerste twee studiejare.

(iii)    Die bydrae van elke modaliteit in die berekening van bogenoemde punt, word in die regulasies uiteengesit en in die studiehandleidings gepubliseer. Die besonderhede word breedvoerig aan die studente voor die aanvang van die modules verduidelik. So ook die gewig (50:50) wat aan bogenoemde punte en die onderskeie eksamenpunte by die berekening van die finale modulepunt aan die student toegeken word. Die belangrikheid van deurlopende evaluering in die assessering van studente is nie-onderhandelbaar en daarom sal die punte toegeken in hierdie soort evaluerings deel uitmaak van die finale slaagpunt van alle modules.

(iv)    ’n Student wat die eerste of tweede jaar van studie herhaal sal krediete behou vir Kliniese Mediese Praktyk-modules wat reeds geslaag is, onderhewig aan die volgende:

(aa)  Ten einde ’n bepaalde vlak van kliniese vaardigheid te handhaaf, moet die student in die bepaalde jaar voldoende deelneem aan die kliniese komponent van al die Kliniese Mediese Praktyk-modules en dit word vereis dat sodanige aktiwiteite in ’n toepaslike logboek aangeteken word.

(bb)  Nakoming van (aa) is ’n voorvereiste vir toelating tot daaropvolgende CMP-modules.

(cc)   Ten einde te voldoen aan die vereistes van (aa) sal die betrokke modulevoorsitter die omvang van die student se betrokkenheid by geslaagde modules aan die begin van die jaar bepaal, en dit so met die betrokke student(e) ooreenkom.

 

Slaag van ? module in die BKliniese Mediese Praktyk-graadprogram

(i)      ’n Modulepunt word bereken uit die deurlopende evalueringsgeleenthede tydens die verloop van die aanbieding van die betrokke module.

Hierdie evaluasies sal een of meer van die volgende insluit:

(aa)     Evaluasies ten opsigte van teoretiese kennis.

            (bb)     Evaluasies ten opsigte van kliniese kennis en vaardighede.

(cc)      Verpligte bywoning van en aktiewe deelname aan voorgeskrewe aktiwiteite.

(dd)     Verpligte bywoning van alle akademiese ondersteuningsaktiwiteite die eerste twee studiejare.

 (ii)     Studente mag die opsie uitoefen dat die modulepunt aan die einde van die jaar bekragtig word as die finale modulepunt vir die betrokke module (dit wil sê hulle word vrygestel van die module-eksamen van hierdie module), mits hulle aan die volgende vereistes voldoen:

(aa)    Bogenoemde modulepunt is meer as 60% in al die verskillende module-assesserings (met die uitsondering van die Anatomie-module wat meer as 65% is).

(bb)  Bewese bywoning van alle toepaslike module-spesifieke aktiwiteite, naamlik:

  • Alle toetse/deurlopende evaluasies.
  • Alle praktika en oggendsaalrondte-aktiwiteite.
  • Alle relevante vaardigheidslaboratoriumaktiwiteite.
  • Alle relevante gemeenskapsgebaseerde onderrigaktiwiteite.
  • Alle kliniese rotasies.

(cc)  ’n Slaagpunt in die kliniese rotasietoets.

(dd)  Bywoning van die betrokke module vanaf dag 1.

(ee) Geen skuldigbevinding deur die Fakulteit se Preliminêre Dissiplinêre Komitee (Studente-oortredings) aan enige vorm van oneerlikheid of bedrog nie.

(iii)    ’n Module-eksamen word toegestaan aan alle geregistreerde studente ongeag die modulepunt onderhewig aan voldoende bywoning van en aktiewe deelname aan voorgeskrewe kliniese aktiwiteite soos uiteengesit.

(iv)    Die finale modulepunt word bereken uit die module-eksamenpunt en die modulepunt (deurlopende evaluering) in ’n verhouding van 50:50, na gelang van die studiejaar en/of module-spesifieke regulasies. Die formule waar-volgens die finale modulepunt bereken word, is in die studiehandleiding uiteengesit en word by aanvang van die program aan studente verduidelik.

(v)     Ten einde ’n module te slaag word ’n subminimum van 40% in die geskrewe komponent van die module-eksamen vereis. Ten einde ’n module te slaag waar ’n kliniese komponent ingesluit is, word ’n subminimum van 50% in die kliniese komponent van die module-eksamen ook vereis.

(vi)    ’n Tweede eksamen in ’n module word toegestaan aan alle studente wat die betrokke module druip.

(vii)   As ’n reël word die betrokke tweede eksamen gedurende November/ Desember van dieselfde jaar afgeneem, of in Januarie van die daarop-volgende jaar. Minstens 50% word vereis om in die tweede eksamen te kan slaag.

(viii)  ’n Siekte- of buitengewone eksamen word aan ’n student toegestaan wat die module-eksamen weens siekte of ander aanvaarbare redes nie kon aflê nie en sal tydens die tweede eksamenperiode plaasvind. Studente moet formeel aansoek doen om sodanige eksamen af te lê, en toelating daartoe word deur die Voorsitter van die Skool of sy/haar gemagtigde verteen-woordiger goedgekeur. Waar toepaslik, kan die Voorsitter van die Skool eers ’n aanbeveling van die Fakulteit se Gesondheidskomitee vereis alvorens ’n aansoek om toelating tot ’n siekte-eksamen goedgekeur word.

        Alle modaliteite van ’n finale eksamen moet gesamentlik as ’n siekte- of buitengewone eksamen afgelê word, selfs al was ’n deel daarvan alreeds as deel van die eksamen in die vorige eksamenperiode afgelê. Die finale modulepunt word bereken uit die punte van al die afdelings/modaliteite van die siekte-/buitengewone eksamen en die betrokke modulepunt (deurlopende evalueringspunt). Dieselfde kriteria, soos gestel vir ’n finale punt in ’n module, is hier van toepassing.

     Let wel: Geen spesiale datums sal vir siekte-/buitengewone eksamens gereël word nie. Sodanige eksamens sal slegs op die geskeduleerde datums vir gewone eerste/tweede eksamens plaasvind.

(ix)    Siekte-/buitengewone toetse word nie in die BKliniese Mediese Praktyk-graadprogram toegestaan nie. Studente wat egter aanvaarbare redes het vir afwesigheid van nie meer as een toets nie sal oor ’n modulepunt beskik wat bereken is uit die ander voortgesette assesseringsgeleenthede. Studente wat weens aanvaarbare redes van meer as een toets afwesig is, sal uiteraard geen modulepunt hê nie, en ’n slaagsyfer in die betrokke module(s) sal uitsluitlik deur die module-eksamenpunt bepaal word.

 

Akademiese uitsluiting van verdere studie

 (i)      Ingevolge die bepalings van Algemene Regulasies, word ’n student slegs toegelaat om te herregistreer indien sodanige student die graad-program waarvoor hy of sy geregistreer is, binne die voorgeskrewe minimum tydperk van studie plus twee jaar voltooi.

(ii)     In die geval van die BKliniese Mediese Praktyk-graad wat deur die Skool vir Geneeskunde aangebied word, moet ’n student wat ’n studiejaar vir die tweede keer druip, ’n skriftelike aansoek om hertoelating tot die program aan die Hertoelatingskomitee van die Skool rig, met die voorsitter van die Skool as voorsitter van die komitee.

(iii)   Die betrokke komitee sal alle faktore in oorweging neem en sy besluit en voorwaardes sal finaal wees.

Bevordering tot volgende studiejaar

Druipelinge/Toelating tot die tweede semester van die eerste studiejaar

Gekeurde eerstejaarstudente wat in voldoende voorgeskrewe eerste- semestermodules op 100-vlak geslaag het, word ingevolge die bepalings van die Algemene Regulasies outomaties tot die tweede semester van die eerste studiejaar toegelaat.

Druipelinge/Toelating tot die tweede studiejaar

(a) Eerstejaarstudente wat in alle voorgeskrewe kernmodules op 100-vlak geslaag het, word ingevolge die bepalings van Algemene Regulasies, outomaties tot die tweede studiejaar toegelaat.

(b) ’n Student wat een of meer van die kernmodules op 100-vlak gedruip het, sal daardie modules moet herhaal alvorens hy/sy tot die tweede studiejaar toegelaat sal word.

(c) Raadpleeg ook Slaag van 'n module in verband met ’n student vir die BKliniese Mediese Praktyk-graad, wat ’n studiejaar vir die tweede keer druip.

Druipelinge/Toelating tot die tweede semester van die tweede studiejaar

Tweedejaarstudente wat in voldoende voorgeskrewe eerste-semestermodules op 200-vlak geslaag het, word ingevolge die bepalings van Algemene Regulasies outomaties tot die tweede semester van die tweede studiejaar toegelaat.

Druipelinge/Toelating tot die derde studiejaar

(a)  Tweedejaarstudente wat in alle voorgeskrewe eerste- en tweedesemestermodules op 200-vlak geslaag het, word ingevolge die bepalings van Algemene Regulasies, outomaties tot die derde studiejaar toegelaat.

(b)  ’n Student wat in een of meer modules op 200-vlak gedruip het, moet sodanige module(s) wat gedruip is herhaal, alvorens hy/sy tot die derde studiejaar toegelaat sal word.

(c)  Raadpleeg ook Slaag van 'n module ten opsigte van ’n student vir die BKliniese Mediese Praktyk-graad, wat ’n studiejaar vir die tweede keer druip.

Druipelinge/Akademiese uitsluiting van verdere studie

Raadpleeg Slaag van 'n module in verband met ’n student wat die graad-program nie binne die voorgeskrewe minimum tydperk van studie plus twee jaar voltooi nie.

Slaag met lof

Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat ’n gemiddelde van minstens 75% in die kliniese modules van die tweede en derde studiejaar behaal het.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences