Jaarboeke

Program: BEdHons Opvoedkundige Sielkunde

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
09240090 Fakulteit Opvoedkunde
Credits Duration
Duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 184

Toelatingsvereistes

’n Baccalaureusgraad aan ’n erkende universiteit met

  • Sielkunde III
  • Opvoedkunde III of Pedagogiek IV

Studente wat nie Opvoedkunde III of Pedagogiek IV as vakke het nie mag voorwaardelik tot die program toegelaat word indien hulle gekeur word. Finale toelating vir sodanige studente sal dan onderhewig wees aan die suksesvolle aflegging van ’n mondelinge eksamen in die Departement Opvoedkundige Sielkunde. Die inhoud van die eksamen sal jaarliks bepaal word en die departement sal studente persoonlik daarvan in kennis stel.

 

 

Addisionele vereistes

Daar is keuring aan hierdie graadprogram verbonde. Hierdie graad voldoen aan die vereistes vir registrasie as berader by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGSA) in die volgende kontekste:

  • Skoolberading
  • Psigometrie

 

Ander programspesifieke inligting

Let wel: Die oneweredige verspreiding van krediete is om voorsiening te maak vir ’n leerskap gedurende die tweede jaar.

Een module van 24 krediete en drie modules van 12 krediete moet as kernmodules in die eerste jaar geneem word.

Eksamens en slaagvereistes

Behoudens uitsonderings wat die Dekaan op aanbeveling van die Departementshoof goedkeur, kan 'n student hom of haar nie meer as twee maal vir die honneurseksamen in dieselfde module aanmeld nie.

'n Finalejaarstudent wat 'n maksimum van drie semestermodules of die ekwivalent daarvan gedruip het en 'n finale punt van minstens 40% in elkeen behaal het, kan deur die Dekaan toegelaat word om gedurende Januarie van die daaropvolgende jaar 'n spesiale eksamen in sodanige module(s) af te lê, mits die student daardeur aan alle vereistes vir die graad kan voldoen.

Praktiese/kliniese/internskapinligting

Na aflegging van die program moet studente aansoek doen om ’n ses-maande voltydse leerskap te voltooi, waarna studente by geskikte instansies geplaas sal word. Die leerskap moet in die jaar direk na voltooiing van die student se akademiese opleiding deurloop word. Voltooiing van die leerskap is ’n vereiste vir registrasie as berader by die RGSA, maar nie vir die suksesvolle voltooiing van die graad nie. Indien ’n student sou verkies om nie die leerskap in die jaar direk na akademiese opleiding te deurloop nie, staan die Universiteit onder geen verpligting rakende plasing van die student nie, en sal die student ’n akademiese graad ontvang wat nie tot registrasie by die RGSA lei nie.

Navorsing

'n Navorsingsprojek is verpligtend en moet volgens die voorskrifte van die betrokke departement voorberei en ingedien word vir eksaminering.

Slaag met lof

Die graad word met lof verwerf indien die student 'n algehele gemiddelde van 75% behaal het, met 'n minimum van 70% in elke module.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences