Jaarboeke

Program: LLB Regsgeleerdheid

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
04130007 Fakulteit Regsgeleerdheid
Credits Duration
Duur van studie: 4 jaar

Programinligting

Die LLB is ’n eerste, beroepsgerigte graad vir regsgeleerdes en voorsien gegradueerdes met die teoretiese kennis en praktiese vaardighede wat as grondslag dien vir toetrede tot die formele regsprofessie (bv prokureurs en advokate), of ander regsgerigte beroepe.

Toelatingsvereistes

  • Ten einde te kan registreer vir die graadprogramme moet NSS/IEB/Cambridge-kandidate voldoen aan die minimum vereistes vir graadstudie asook die minimum vereistes van die betrokke studieprogram.
  • Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die Toelatingspunttelling (TPT).
  • Die volgende persone kan ook vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat oor ‘n sertifikaat beskik wat deur die Universiteit as gelykstaande aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes aanvaar word; ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander tersiêre instelling is of die status van ‘n gegradueerde van so ‘n instelling geniet; en ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander fakulteit van die Universiteit van Pretoria is.
 
Let wel:
  • ‘n Voorwaardelike vrystellingsertifikaat verleen nie toelating tot LLB-studie nie.
  • Slegs aansoekers wat voldoen aan al die bogenoemde toelatingsvereistes sal oorweeg word vir toelating.
  • Kandidate wat ‘n BA (Regte)- of BCom (Regte)-graad aan UP behaal het sal nie aan ‘n keuringsproses onderwerp word nie en sal toegelaat word om outomaties vir die LLB-graad te registreer.
  • Internasionale studente moet ‘n volle vrystellingsertifikaat van Hoër Onderwys Suid-Afrika (Higher Education South Africa – HESA) bekom voor hulle oorweeg sal word vir toelating.
  • Alle studente wat met hul BA (Regte)- BCom (Regte)- en LLB-studies begin het voor 2013 ongeag die instelling moet vir die LLB-kurrikulum van 2012 registreer en dit voltooi. Studente wat as eerstejaars toegelaat word tot UP in 2015 moet vir die nuwe kurrikulum registreer.
  • LLB is ‘n voltydse vierjaarprogram. Studente word nie toegelaat om voltyds te werk terwyl hulle geregistreer is vir LLB nie.
 
Minimum vereistes vir 2016
Prestasievlak
Afrikaans of Engels TPT
NSS/IEB HIGCSE AS-Level A-Level
5 3 C C

32*

 
*Kandidate met ’n TPT van 32 of hoër sal by ontvangs van hul aansoeke op ’n deurlopende basis tot 30 September aanvaar word of totdat alle beskikbare plekke opgeneem is.Kandidate met ‘n TPT van 38 of hoër sal deurlopend aanvaar word tot en met registrasie in Januarie van die volgende akademiese jaar ongeag die getal kandidate wat reeds aanvaar is.

 

Ander programspesifieke inligting

Die Dekaan bepaal jaarliks watter keusemodules die betrokke jaar aangebied sal word met inagneming van beskikbaarheid van doserende personeel, ruimte- en finansiële implikasies en/of ander omstandighede. Die Dekaan mag die maksimum aantal inskrywings vir ’n bepaalde keusemodule bepaal. Voorts mag die Dekaan, in oorleg met die betrokke departementshoof, bepaal dat ’n spesifieke vierdejaarkeusemodule nie aangebied sal word nie waar daar op die eerste dag van lesings nege of minder studente vir die module geregistreer is.

Die Dekaan het die diskresie om enige ander regsmodule(s) van gelyke standaard wat aan ’n ander instelling geslaag is, as keusemodule te erken.

Die volgende moet in gedagte gehou word:
• Studente moet hulself vergewis van die voorvereistes van modules uit ander fakulteite.
• Modules mag slegs geneem word indien dit geen roosterbotsings behels nie.
• Sommige modules is getalbeperk.

Ter kennnisname: Studente wat van voorneme is om die LLB-graad te behaal, moet daarop let dat een van die vereistes vir die LLB-graad minstens 24 krediete uit die volgende lys van taalmodules is: AFR 110, AFR 120, AFR 114, ENG 118, ENG 110, ENG 120.

Keusemodules vir die vierde studiejaar:

4 modules gekies uit die volgende lys:
• Reg en transformasie 410 (AMR 410)
• Aktes en notariële praktyk 410 (ANO 410)    [voorvereiste: SAR 310]
• Alternatiewe geskilbeslegting 420 (AGF 420)
• Belastingpraktyk 420 (BLP 420)
• Effektereg 410 (LOC 410)
• Geneeskundige reg 410 (GRG 410)
• Grond- en grondhervormingsreg 420 (GHR 420)
• Inligting- en kommunikasietegnologiereg 420 (KUB 420)
• Internasionale humanitêre reg 420 (PUR 420)
• Internasionale keusemodule 1 (IET 411)
• Internasionale keusemodule 2 (IET 412)
• Internasionale keusemodule 3 (IET 413)
• Internasionale keusemodule 4 (IET 414)
• Internasionale privaatreg 410 (IPR 410)
• Kinderreg 410 (KID 410)
• Mediareg 420 (MDR 420)
• Munisipale reg 410 (MRG 410)
• Omgewingsreg 410 (OMR 410)
• Onderwysreg 420 (ONR 420)
• Praktiese regskunde 400 (PRR 400) (sien # hieronder) (20 krediete; 2 keusemodules)
• Reg en die gemeenskap 420 (CLW 420)
• Reg insake banke en finansiële instellings 410 (LBF 410)
• Regsleer 420 (JUR 420)
• Regsproblematiek van MIV en VIGS 410 (RHV 410)
• Skadevergoedingsreg 410 (SGR 410)
• Skynhof 420 (SKH 420)(studente wat UP verteenwoordig in die "African Human Rights Moot Court Competition of in die "Phillip Jessup International Law               Moot Court Competition")
• Sosiale sekerheidsreg 420 (SOR 420)
• Sportreg 420 (SRR 420)
• Statutêre misdade 410 (SMI 410)
• Transnasionale besigheidsreg 420 (TBR 420)
• Trusts en boedels 410 (TBS 410)

# Praktiese regskunde 400
(i)   Die getal studente wat tot die module Praktiese regskunde (PRR 400) toegelaat word, word elke jaar vooraf deur die Dekaan in oorleg met die Hoof van die Departement Prosesreg bepaal.
(ii)  Voornemende studente moet aansoek doen om toelating tot die module.
(iii) Indien meer studente aansoek doen as die getal wat tot die module toegelaat kan word, geskied keuring op grond van studente se vorige prestasies en ’n onderhoud met die Direkteur van die Regskliniek.
(iv) Studente word bevorder op grond van toetse, bevredigende uitvoering van taakopdragte, sessies in die Regskliniek en ’n mondelinge eksamen.
(v) Praktiese regskunde (PRR 400) tel 20 krediete en tel as twee keusemodules.

Sekere modules is slegs van toepassing op uitruilstudente.

Algemene vereistes
Herhaling van modules en maksimum aantal modules per jaar
• Studente wat modules druip, moet sodanige modules in die daaropvolgende studiejaar herhaal.
• Studente mag egter slegs 200 krediete per jaar neem. (Dit sal beteken dat studente in sekere gevalle nie al die modules van ’n spesifieke studiejaar kan neem nie, aangesien die modules wat herhaal word eers geslaag moet word.) Die Dekaan kan na goeddunke toestemming verleen om van hierdie voorwaarde af te wyk.
• Dit is studente se verantwoordelikheid om in sodanige situasies modules te kies wat nie tot klas-, toets- of eksamenroosterbotsings aanleiding sal gee nie.

Erkenning van modules
Oorskakelaars vanaf 'n ander universiteit sal slegs krediet kan kry vir hoogstens 50% van die modules wat vir die graad benodig word en moet ten minste 50% van die modules by die Universiteit van Pretoria voltooi.

Dekaan se merietelys
Die studenteadministrasiekantoor publiseer die Dekaan se merietelys teen Maart van elke kalenderjaar. Die lys bevat die studentenommers, in kronologiese volgorde, van daardie studente wat in die voorafgaande kalenderjaar ’n geweegde gemiddelde (maw in ooreenstemming met die kredietwaarde van elke module) van minstens 75% behaal het.

Die geweegde gemiddelde word soos volg bereken: Die finale punt wat behaal is in elke module waarvoor die student in die voorafgaande kalenderjaar geregistreer het, word vermenigvuldig met die kredietwaarde van daardie spesifieke modules. Die waardes wat so bereken is, word dan bymekaargetel en gedeel deur die totaal van die krediete van al die modules waarvoor die student in die voorafgaande kalenderjaar geregistreer het. Die gemiddelde wat so bereken word, word nie afgerond nie.

’n Student wat bepaalde module(s) gedruip het of nie tot die eksamen toegelaat is in bepaalde module(s) in ’n gegewe kalenderjaar nie, mag nie op die Dekaan se merietelys verskyn vir daardie kalenderjaar nie. ’n Student wat vir minder as nege modules geregistreer het in ’n kalenderjaar mag nie vir daardie spesifieke kalenderjaar op die Dekaan se merietelys verskyn nie. Modules wat aan ander universiteite geslaag is word nie in berekening gebring om die geweegde gemiddelde te bepaal nie.
 

Oorgangsmaatreëls

Oorgangsmaatreëls vir studente wat voor 2013 vir die eerste keer vir die LLB geregistreer het:

  1. Studente wat voor 2013 vir die eerste keer vir die LLB geregistreer het, sal toegelaat word om vir die modules soos uiteengesit in die relevante (voor-2013) jaarboek te registreer. Jaarboeke beskikbaar by: http://web.up.ac.za/default.asp?ipkCategoryID=1797.
  2. ’n Student moet ten minste 8 semestermodules slaag om na ’n volgende studiejaar bevorder te word. Eerstejaarstudente wat 4 tot 7 semestermodules geslaag het, mag herregistreer maar word nie na die volgende studiejaar bevorder nie en sal dus vir die 2013-kurrikulum moet registreer. Dieselfde geld mutatis mutandis vir tweede-, derde- en vierdejaarstudente vanaf 2013 en daarna. (Algemene Regulasie G.5.2.c saamgelees met paragraaf (e), bl 17, 2013 Fakulteit Regsgeleerdheid-jaarboek.)
  3. ’n Student wat minder as 4 semestermodules geslaag het, word nie tot die Fakulteit Regsgeleerdheid hertoegelaat nie. Sodanige student wie se reg op hertoelating verval het, mag skriftelik by die Fakulteit se Toelatingskomitee aansoek doen om voorwaardelike hertoelating tot die Fakulteit – met die voorbehoud dat die Toelatingskomitee verdere voorwaardes ten opsigte van studente se vordering mag stel. ’n Student se aansoek om voorwaardelike hertoelating kan geweier word. ’n Student wat voorwaardelik hertoegelaat is tot die Fakulteit Regsgeleerdheid moet vir die 2013-kurrikulum registreer. ’n Student wat voorwaardelik tot die Fakulteit hertoegelaat word, se akademiese prestasie sal na die eerstesemestereksamen nagegaan word om vas te stel of hy/sy aan die gestelde voorwaardes voldoen het.
  4. Die tabel hieronder sit die ekwivalente module(s) in die hersiene kurrikulum uiteen. Studente wat voor 2013 vir die LLB geregistreer het, registreer vir die “ou” eerstejaarmodule, maar woon die klas in die “nuwe” module by. Die modulekoördineerders vir elk van die “nuwe” module(s) sal volledige oorgangs-maatreëls opstel en in die relevante studiegidse publiseer, sodat “ou” studente slegs die lesings en tutoriale sal bywoon wat van toepassing is op die “ou” kurrikulum en sodoende ook slegs geassesseer word op grond van die “ou” kurrikulum. (Studente wat dus voor 2013 vir die LLB geregistreer het, registreer vir die module in die linkerkantste kolom, maar woon die klasse by en voltooi die assesseringstake soos per die module in die regterkantste kolom. Die modulekoördineerders moet seker maak dat die voor-2013 studente die lesings bywoon en die take voltooi wat ooreenstem met die module-inhoud van die voor-2013 modules). Herhalers wat weer “ou” eerstejaarmodules druip in 2013 sal in 2014 vir die “ou” module moet registreer maar die inhoud volgens die nuwe kurrikulum moet voltooi. Herhalers wat “ou” tweede- tot vierdejaarmodules weer in 2014 druip, sal vir die “ou” module in 2015 registreer maar daar sal van hulle verwag word om die inhoud van die “nuwe” module te voltooi.

 

Let wel: Die nuwe modulekodes vir tweede-, derde- en vierdejaarmodules tree respektiewelik in 2014, 2015 en 2016 in werking.

 

LLB I

 

2012-kurrikulum (Pyplynstudente registreer vir hierdie modules)

2013-kurrikulum

(Hierdie modules sal in die lesingrooster verskyn. Pyplynstudente woon hierdie klasse by en voltooi al die toepaslike werksopdragte en toetse in hierdie modules.)

RVD 110

JUR 110*

RVD 120

JUR 120*

HVR 110

ROM 120*

HVR 120

ROM 120*

IDR 110

JUR 110*

IDR 120

JUR 120*

PSR 110 (geen verandering)

PSR 110

FMR 110

FMR 121*

FMR 120

FMR 121*

 

LLB II

Vanaf 2014

2012-kurrikulum

2013-kurrikulum

ABR 210

ABR 410

KTH 220 (geen verandering)

KTH 220

ERF 211

ERF 222*

ERF 221

ERF 222*

KTR 210

KTR 211*

KTR 220

KTR 211*

MRT 220

PBL 200*

RPR 210 (geen verandering)

RPR 210

RVW 210 (geen verandering)

RVW 210

SRG 210

PBL 200*

SRG 220

PBL 200*

VBB 220 (geen verandering)

VBB 220

LLB III

Vanaf 2015

2012-kurrikulum

2013-kurrikulum

ADR 310

PBL 310

BWR 311

BWR 300*

BWR 321

BWR 300*

DLR 320 (geen verandering)

DLR 320

ISR 310 (geen verandering)

ISR 310

IGZ 320 (geen verandering)

IGZ 320

ODR 320 (geen verandering)

ODR 320

VHD 320 (geen verandering)

VHD 320

RFF 311

JUR 310

RPK 310

RPK 210

RPK 320

RPK 220

SAR 310 (geen verandering)

SAR 310

VRR 310

(Nog beskikbaar vir herhalers en studente wat voor en in 2012 geregistreer het. VRR 310 sal nog vir ’n verdere twee jaar aangebied word. ’n Somerskool is moontlik in 2014.)

 

 

LLB IV

Vanaf 2016

2012-kurrikulum

2013-kurrikulum

BLR 410

BLR 310

DVR 420

(Nog beskikbaar vir herhalers en studente wat voor en in 2012 geregistreer het. DVR 420 sal nog vir ’n verdere twee jaar aangebied word. ’n Somerskool sal moontlik in 2015 aangebied word.)

 

IPW 410

PBL 320

SIP 410

SIP 400*

SIP 420

SIP 400*

SGR 410

(Nog beskikbaar vir herhalers en studente wat voor 2013 geregistreer het.)

 

SKY 400

(SKY 400 vir pyplynstudente; RHP 320 sal in 2015 vir die eerste keer aangebied word. SKY 410 sal in 2016 vir die eerste keer aangebied word.)

 

SPR 410

SPR 400*

SPR 420

SPR 400*

STR 410

PBL 410

STR 420

PBL 420

Let wel:

*Volledige oorgangsmaatreëls sal in die onderskeie studiegidse verskaf word.

 

Somer- en Winterskole wat moontlik aangebied kan word om pyplynstudente te help om hul studie te voltooi:

 

Winterskool 2014-2015

Ontbrekende module:

Registreer vir:

Klasbywoning

(indien nie geslaag gedurende die Winterskool nie):

ERF 211

ERF 211

ERF 222

SRG 210

SRG 210

PBL 200

 

Somerskool 2014-2016

Ontbrekende module:

Registreer vir:

Klasbywoning

(indien nie geslaag gedurende die Somerskool nie):

ERF 221

ERF 221

ERF 222

MRT 220

MRT 220

PBL 200

SRG 220

SRG 220

PBL 200

Ingevolge die Fakulteit Regsgeleerdheid se beleid ten opsigte van die Somer-/Winterskool, mag ’n student vir hoogstens twee modules per Somer-/Winterskool registreer. Indien ’n student meer as twee eerstejaar-regsmodules gedruip het en vir twee Somer-/Winterskoolmodules wil registreer, moet die modules wat deur die Departement Regsleer aangebied word voorkeur geniet aangesien die veranderings aan die inhoud van hierdie modules in die hersiene kurrikulum meer verreikend is as dié vir Familiereg (FMR).

Studente verkry toegang tot die Somer-/Winterskool deur voorheen ’n semesterpunt in die toepaslike module te behaal het, behalwe vir BCom (Regte)-studente wat vir ERF 211, ERF 221, MRT 220, SRG 210 en SRG 220 en BA (Regte)-studente wat vir ERF 211 en ERF 221 vir die Somer-/Winterskool mag registreer sonder dat ’n vorige semesterpunt behaal is.

Die aanbieding van Somer- en Winterskole sal afhang van die beskikbaarheid van fondse.

Die Dekaan van die Fakulteit Regsgeleerdheid het die diskresie om ’n billike en praktiese beslissing te fel waar ’n onverwagte situasie in die toepassing van die oorgangsmaatreëls ontstaan, of waar ’n spesifieke probleem nie uitdruklik uiteengesit is in die oorgangsmaatreëls nie.

Eksamens en slaagvereistes

Raadpleeg asseblief die Eksamen- en toetsbeleid soos vervat in die Fakulteitsregulasies.

Bevordering tot volgende studiejaar

Bevordering tot volgende studiejaar
(Volgens Regulasie G.3 kan die Fakulteitsraad vorderingsvereistes stel waaraan studente van die Fakulteit moet voldoen alvorens hulle bevorder sal word.)

  1. ’n Student moet modules ter waarde van 60 krediete slaag om na ’n volgende studiejaar bevorder te word.
  2. ’n Student wat minder as 4 semestermodules geslaag het, word nie tot die Fakulteit Regsgeleerdheid hertoegelaat nie. Sodanige student wie se reg op hertoelating verval het, mag skriftelik by die Fakulteit se Toelatingskomitee aansoek doen om voorwaardelike hertoelating tot die Fakulteit – met die voorbehoud dat die Toelatingskomitee verdere voorwaardes ten opsigte van studente se vordering mag stel. ’n Student se aansoek om voorwaardelike hertoelating kan geweier word.
  3. ’n Student wat voorwaardelik tot die Fakulteit hertoegelaat word, se studies sal na die eerstesemestereksamen nagegaan word om vas te stel of hy/sy aan die gestelde voorwaardes voldoen het.

Herregistrasie sal slegs toegelaat word indien ’n student die LLB-graad redelikerwys volgens die oordeel van die Toelatingskomitee binne die voorgeskrewe minimum tydperk van 4 jaar plus 2 verdere jare sal kan voltooi.

Slaag met lof

Om die 4-jaar LLB-graad met lof te slaag, moet ’n student ’n geweegde gemiddelde (maw ooreenkomstig die kredietwaarde van elke module) van minstens 75% ten opsigte van al die modules voorgeskryf vir die derde en vierde jaar van die LLB-graad, voltooi by hierdie Universiteit, behaal het. Die geweegde gemiddelde word soos volg bereken: Die finale punt wat in al die voorgeskrewe derde- en vierdejaarmodules vir die LLB-graad, met inbegrip van die keusemodules, behaal is word vermenigvuldig met die kredietwaardes van daardie modules waarna die waardes wat so bereken is, bymekaargetel word en gedeel word deur die totaal van die krediete van al die modules. Die gemiddelde wat so bereken word, word nie afgerond nie. ’n Student wat ’n derde- of vierdejaar-LLB-module, met inbegrip van enige van die keusemodules, gedruip het, kan nie die graad met lof behaal nie.

BA (Regte)-studente
Om die LLB met lof te slaag moet 'n BA (Regte) (UP)-student geweegde gemiddelde (maw ooreenkomstig die kredietwaarde van elke module) van minstens 75% behaal ten opsigte van die volgende modules wat by hierdie Universiteit voltooi is:

RPK 210 en 220
VBB 220
BLR 310
BWR 300
IGZ 320
ISR 310
ODR 320
PBL 310 en 320
SAR 310
VHD 320
ABR 410
PBL 410 en 420
PVR 420
SIP 400
SKY 410
SPR 400

Vier finalejaarkeusemodules
Die geweegde gemiddelde word soos volg bereken: Die finale punt wat vir elk van die bogenoemde modules, met inbegrip van die keusemodules, behaal is word vermenigvuldig met die kredietwaardes van daardie modules waarna die waardes wat so bereken is, bymekaargetel word en gedeel word deur die totaal van die krediete van al die modules. Die gemiddelde wat so bereken word, word nie afgerond nie. ’n BA (Regte) (UP)-student wat enige van die bogenoemde modules, met inbegrip van enige van die keusemodules, gedruip het, kan nie die LLB-graad met lof behaal nie.

BCom (Regte)-studente
Om die LLB met lof te slaag moet 'n BCom (Regte) (UP)-student geweegde gemiddelde (maw ooreenkomstig die kredietwaarde van elke module) van minstens 75% behaal ten opsigte van die volgende modules wat by hierdie Universiteit voltooi is:

FMR 121
PBL 200
RPK 210 en 220
RPR 210
RVW 210
BLR 310
BWR 300
IGZ 320
JUR 310
PBL 310 en 320
ABR 410
PBL 410 en 420
PVR 420
SIP 400
SKY 410
SPR 400

Vier finalejaarkeusemodules
Die geweegde gemiddelde word soos volg bereken: Die finale punt wat vir elk van die bogenoemde modules, met inbegrip van die keusemodules, behaal is word vermenigvuldig met die kredietwaardes van daardie modules waarna die waardes wat so bereken is, bymekaargetel word en gedeel word deur die totaal van die krediete van al die modules. Die gemiddelde wat so bereken word, word nie afgerond nie. ’n BCom (Regte) (UP)-student wat enige van die bogenoemde modules, met inbegrip van enige van die keusemodules, gedruip het, kan nie die LLB-graad met lof behaal nie.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences