Jaarboeke

Program: BA Inligtingsontwerp Inligtingsontwerp

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01130152 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 4 jaar Totale krediete: 631
Contact:
Dr F Cassim
[email protected]
+27 (0)124205188

Programinligting

Hierdie program fokus op inligtingsontwerp en kandidate kwalifiseer vir toegangsvlak-aanstellings in die massakommunikasie-industrieë van grafiese ontwerp, reklame, ‘branding’, advertensiewese sowel as uitsaai- en uitgewerswese. Met ’n sterk sosiale onderbou inkorporeer die program ontwerpstrategieë, ontwerptoepassing en ontwerp-produkte in druk, omgewings- en skermbasismedia en -tegnologieë.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 Junie jaarliks

Toelatingsvereistes

  •  Kandidate wat 'n TPT van 30 in Graad 11 behaal het en voldoen aan die minimum vak- en prestasievereistes van hierdie studieprogramme sal outomaties in die studieprogramme geplaas word onderhewig aan die beskikbaarheid van plekke. Bogenoemde is nie van toepassing op keuringsprogramme nie. 
  • Om toelating te behou sal daar van leerders verwag word om 'n TPT van ten minste 28 in Graad 12 te behaal. Voornemende studente wat reeds voorlopige toelating tot hierdie studieprogramme ontvang het maar 'n TPT van ten minste 27 in Graad 12 behaal het sal deur die Toelatingskomitee oorweeg word indien plekke beskikbaar is. Die Toelatingskomitee van die Fakulteit Geesteswetenskappe sal hierdie studente oorweeg sodra die uitslag van die Nasionale Normtoets (National Benchmark Test  NBT) beskikbaar is en onderhewig aan die beskikbaarheid van plekke. 
  • Die Fakulteit sal bevredigende resultate in die NBT beoordeel in die lig van sy onderneming om te verseker dat ‘n voldoende gedeelte aansoekers uit die histories benadeelde kategorie van die bevolking getrek word. 
  • Aansoekers met 'n TPT van 30 maar wie nie aan die vakvereistes voldoen nie moet die NBT aflê. 
  • Lewensoriëntering word uitgesluit wanneer die TPT bereken word.
  • 'n TPT van 30 sowel as Departementele keuring word vereis vir BA Inligtingsontwerp. Die keuringsprosedure word hieronder omskryf.

 

                                                                                                                                                                                                                                                   
           

Minimum vereistes vir 2016

           
           

Prestasievlak

           
           

TPT

           
           

Afrikaans of Engels

           
           

NSS/IEB

           
           

HIGCSE

           
           

AS-Level

           
           

A-Level

           
           

5

           
           

3

           
           

C

           
           

C

           
           

30

           
 

 

Addisionele vereistes

Departementele keuring is nodig om vir hierdie program te kan registreer. Alhoewel kuns as Graad 12-vak nie ’n vereiste is nie, moet ’n kandidaat sy/haar kreatiewe potensiaal en toewyding tot die gekose veld van studie demonstreer ten einde te oorweeg te word vir die merietekeuring. Daar word derhalwe van kandidate verwag om ’n portefeulje van werk voor te lê vir merietekeuringsoorweging en, indien uitgenooi, om ’n reeks toetse af te lê, sowel as om ’n onderhoud te voer met ’n keuringspaneel. Kontak die koördineerder in hierdie verband. ’n Student wat hierdie program kies, moet gedurende die derde en vierde studiejare minstens ses weke in ’n ontwerp- of reklameateljee werk wat deur die koördineerder goedgekeur is.

Ander programspesifieke inligting

Studente wat nie in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is nie, word vrygestel van VAG 110 en VAG 125.

Bevordering tot volgende studiejaar

##Bevordering tot die tweede studiejaar

Slaag: IOW 100, ILL 101,VKK 111, 121 en 123.

## Bevordering tot die derde studiejaar

Slaag: IOW 200, VKK 211,221,222.

##Bevordering tot die vierde studiejaar

Slaag: IOW 300, VKK 311, 321 en 322.

##Afwyking van hierdie vereistes mag deur die Dekaan op aanbeveling van die departe­mentshoof goedgekeur word.

Slaag met lof

Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat minstens 75% in IOW 400 en VKK 402 behaal.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences