Jaarboeke

Verkenning van die heelal 164


 
Modulekode SCI 164
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe
Module-inhoud

*Hierdie module word slegs in Afrikaans aangebied. Die inhoud van hierdie module is dieselfde as SCI 154. Studente mag nie vir beide SCI 154 en SCI 164 inskryf nie.
Studente uit alle fakulteite is welkom om saam met ons die heelal vanuit ’n aardgebonde perspektief te verken. Ons besin oor die ganse kosmos van die submikroskopiese tot die asemrowende, uitgestrekte makroskopiese en die mens se beskeie posisie daarin. Tot watter mate bepaal sterre ons lewensgeluk? Eggo's van antieke uitspansels – die sterrekunde van vervloeë beskawings. Die heelal word gebore met ’n knal. Sterre, die Melkweg en planete word gevorm. Lewe word in die aardse landskap geplaas, maar is daar lewe elders? Die agitektuur van die heelal – afstandmetings, struktuur van ons sonnestelsel en sterrestelsels. Hoe lyk ons buurplanete? Komete en meteoriete. Lewenssiklusse van sterre. Ontploffende sterre. Eksotiese voorwerpe soos pulsare en swart gate.

Modulekrediete 16.00
Voorvereistes Verbode kombinasie SCI 154
Onderrigtaal Afrikaans
Akademiese organisasie Fisika
Aanbiedingstydperk Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences