Modulekode | GMA 220 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe |
Module-inhoud | Hierdie module verskaf ‘n deeglike inleiding tot die basiese wetenskaplike beginsels betrokke by afstandswaarneming en sommige toepassings daarvan op studies van die aardoppervlak. Die basiese fisika agter elektromagnetiese radiasie en die komplekse interaksies tussen radiasie, die aardoppervlak en die atmosfeer (i.e. spektrale kentekens) word hierby ingesluit. Basiese konsepte van fotogrammetrie word bespreek. Die teoretiese agtergrond wat vasgelê word in die eerste helfte van die module verskaf tegnieke en insig wat benodig word vir die studie van verskeie afstandswaarnemingstoepassings met data verkry vanuit verskillende vlakke van die elektromagnetiese spektrum. Die toepassings sluit in die gebruik van satellietdata in die kartering en monitering van plantegroei, grond en minerale, sneeu en ys, waterbronne en kwaliteit, en stedelike landskappe. Die laboratoriumsessies verskaf praktiese ervaring op verskillende satelliet-datastelle. |
Modulekrediete | 16.00 |
Programme | |
Diensmodules | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Kontaktyd | 1 praktiese sessie per week, 2 lesing per week |
Onderrigtaal | Engels |
Akademiese organisasie | Geografie, Geoinf en Meteor |
Aanbiedingstydperk | Semester 1 |
Copyright © University of Pretoria 2023. All rights reserved.
COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal
To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]
Get Social With Us
Download the UP Mobile App