Jaarboeke

Program: BPhysT Fisioterapie

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10138101 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 4 jaar Totale krediete: 579
Contact:
Prof DJ Mothabeng
[email protected]
+27 (0)123563233

Programinligting

‘n Gewysigde leergang word vir die program ingefaseer. Die gewysigde eerste jaar van studie sal vir die eerste keer in 2015 gevolg word, die tweede jaar van studie in 2016, die derde jaar van studie in 2017 en die vierde jaar van studie in 2018.

Die program duur vier akademiese jare, waartydens ’n student kliniese opleiding as studentfisioterapeut ontvang aan ’n inrigting deur die Universiteit goedgekeur.

Studente kan toegelaat word om die eerste twee jaar oor drie jaar te voltooi. In sulke gevalle word die modulekeuse by aanvang van die program in oorleg met die departementshoof gedoen.

 

Toelatingsvereistes

  •  Ten einde te kan registreer moet NSS/IEB/Cambridge-kandidate voldoen aan die minimum vereistes vir graadstudie en aan die minimum vereistes van die betrokke studieprogram.
  •  Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die TPT.
  •  Graad 11-uitslae word gebruik vir die voorlopige toelating van voornemende studente.
  •  Toelating vir Gesondheidswetenskappe studieprogramme is onderhewig aan 'n keuringsproses.

 

Minimum vereistes vir 2016

Prestasievlak

TPT

Engels

Wiskunde

Fisiese Wetenskap

NSS/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

NSC/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

NSS/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

4

3

D

D

4

3

D

D

4

3

D

D

30

 

 

 

Addisionele vereistes

Sien ook die Algemene Regulasies.

Let wel:

(i) Die 2014 Jaarboekregulasies sal op studente wat voor 2015 vir die BPhysT-graadprogram geregistreer het, van toepassing wees.

(ii) Elke student in Fisioterapie moet onmiddellik na toelating tot die eerste studiejaar by die Registrateur van die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika aansoek doen om geregistreer te word as student in Fisioterapie.

Ander programspesifieke inligting

Eerste studiejaar:

Praktiese verpleging

Praktiese verpleging vir ’n aaneenlopende periode van 40 uur, moet bevredigend voltooi word in ’n goedgekeurde hospitaal/fasiliteit ná afloop van die eksamenperiode in November in die eerste studiejaar. Dokumentêre bewys van hierdie periode van verpleging moet voorgelê word.

Subminimum

’n Subminimum van 40% word in die teoretiese sowel as die praktiese eksamen in FTP 100 vereis.

Tweede studiejaar:

Basiese noodsorg (Kode GNK 286)

-     Studente wat in Basiese noodsorg 60% of meer behaal het, se punt word aan die einde van die jaar as die eksamenpunt vir die module bekragtig en sodanige studente word dan vrygestel van die eksamen in die module.

-     ’n Tweede eksamen vir studente wat tussen 40% en 49% in die berekende punt vir die module behaal, word in November/Desember van dieselfde jaar of in Januarie van die volgende jaar afgeneem. ’n Minimum van 50% word vereis om in die tweede eksamen te slaag.

-     Die eksamen dien ook as siekte- of buitengewone eksamen vir die studente wat weens gesondheids- of ander aanvaarbare redes die eksamen nie kon aflê nie, mits die student formeel aansoek gedoen het om sodanige eksamen te mag aflê en die aansoek deur die departmentshoof, dekaan en in bepaalde gevalle ook die Gesondheids-komitee van die Fakulteit goedgekeur is.

Subminimum

 ’n Subminimum van 40% word in die teoretiese en die praktiese komponente in die eksamen in FTP 220 en 203 en IHL 210 vereis.

 

Derde studiejaar:

Subminimum

 ’n Subminimum van 40% word vereis in die teoretiese en praktiese/kliniese eksamen in (FTP) Fisioterapie 300, (FTP) Fisioterapie kliniese praktyk 301 en in (IHL) Geïntegreerde gesondheidsorgleierskap 310, 324.

  

Vrystelling van die eksamen in (ANP) Anatomiese Patologie 210
Vrystelling van die eksamen mag verleen word indien 'n student wat 'n modulepunt van minstens 60% behaal het, die opsie uitoefen om dit as die finale punt te aanvaar.

Vrystelling van die eksamen in (FAR) Farmakologie 381, 382
Vrystelling van die eksamen kan toegestaan word indien 'n student wat 'n modulepunt van minstens 60% behaal het, die opsie uitoefen om dit as finale punt te aanvaar.

Eksamens en slaagvereistes

Studente wat in die bestaande leergang ‘n jaar druip, sal op ‘n individuele basis deur die Department Fisioterapie hanteer word.

Spesiale eksamen: Vierde studiejaar

(aa)     Die student kry weer ’n geleentheid om eksamen af te lê.

(bb)     ’n Spesiale eksamen in (FTP 400) Fisioterapie 400, (FTP 402) Fisioterapie kliniese praktyk 402 (IHL 414, 424) Geïntegreerde gesondheidsorgleierskap 414, 424 vind plaas nadat ses maande verloop het sedert die eksamen waarin die student gedruip het. Indien die student (FTP 402) Fisioterapie kliniese praktyk 402 gedruip het, moet hy of sy verdere kliniese onderrig in die kliniese opleidingsareas ondergaan en minstens 50% in die eksamen behaal.

(cc)      Indien ’n student nie die vereiste slaagsyfer in die navorsingsverslag van (RHC 400) Navorsing in gesondheidsorgwetenskappe 400 behaal nie, moet ’n verbeterde navorsingsverslag op ’n later datum, deur die departmentshoof vasgestel, voorgelê word.

Aanvullende eksaminering: Vierde studiejaar

Na afloop van die eksamen in (FTP 400) Fisioterapie 400 en (FTP 402) Fisioterapie kliniese praktyk 402 en voordat die uitslae bekend gemaak word, kan die eksaminatore met die oog op die toekenning van die finale punt, ’n student versoek om ’n aanvullende eksamen in die teorie en/of kliniese komponent van (FTP 400) Fisioterapie 400 en (FTP 402) Fisioterapie kliniese praktyk 402 af te lê.

  • Ingevolge die bepalings van die Algemene Regulasies is daar geen minimum jaar- of semesterpunt wat benodig word om tot die eksamen toegelaat te word nie en kry alle geregistreerde studente outomaties toelating tot die eksamen.
  • Die finale punt vir 'n bepaalde module in Verpleegkunde, Fisioterapie, Radiografie, Arbeidsterapie en Mensvoeding (minstens 50% word vereis om te slaag) word bereken uit die eksamenpunt sowel as die punt saamgestel uit die evaluasie van 'n student tydens deurlopende, objektiewe en gekontroleerde assesserings-geleenthede gedurende die kwartaal/semester/jaar. Minstens een formele assessering per module word as die minimum norm in dié verband gestel, en studente sal deurgaans op ’n gereelde grondslag aan selfgerigte leeropdragte blootgestel word ten einde selfgerigte leer te bevorder.
  • In die geval van modules met praktiese komponente word vereis dat die studente aan al die toepaslike bywoningsvereistes met betrekking tot die bemeestering van praktiese vaardighede voldoen alvorens ’n slaagpunt vir die module verwerf word.
  • Daar is twee hoofeksamengeleenthede per jaar, die eerste en tweede eksamen. Ten opsigte van eerstesemestermodules is die eksamengeleentheid in Mei/Junie en die tweede eksamengeleentheid in Julie. Ten opsigte van tweedesemester-modules is die eerste eksamengeleentheid in Oktober/November en die tweede eksamengeleentheid in November/Desember van dieselfde jaar. In gevalle waar studente addisionele kliniese werkure moet voltooi om tot ’n tweede eksamen toegelaat te word, sal die departementshoof die tweede eksamengeleentheid bepaal.
  • Slegs twee eksamengeleenthede per module is toelaatbaar. Indien ’n student ’n module tydens die tweede eksamengeleentheid druip, moet die betrokke module herhaal word.
  • 'n Tweede eksamengeleentheid in ’n module word in die volgende gevalle aan studente verleen:

- Indien ’n student ’n finale punt van minder as 50% in die betrokke module gedurende die eerste eksamengeleentheid behaal het en dus druip.
- Indien ’n student nie die subminimum in die eksamen, wat vir ’n bepaalde module vereis word, behaal het nie.
- Indien ’n student weens siekte of buitengewone omstandighede nie die eksamen in ’n module gedurende die eerste eksamengeleentheid kon aflê nie.

  • Studente wat weens bogemelde redes die tweede eksamen wil aflê, moet 24 uur na die uitslae ontvang is, registreer vir die tweede eksamengeleentheid.
  • Indien ’n student ’n module tydens die eerste eksamengeleentheid gedruip het, word die eksamenpunt wat hy of sy tydens die tweede eksamengeleentheid in die betrokke module behaal, as die finale punt verreken. Die punte wat met die deurlopende evaluering gedurende die kwartaal/semester/jaar verwerf word, word nie in berekening gebring nie. Indien die student die module tydens die tweede eksamengeleentheid slaag, word nie meer as 50% as slaagpunt in die betrokke module toegeken nie.
  • Indien ’n student as gevolg van siekte of buitengewone omstandighede nie aan die eksamen in ’n module tydens die eerste eksamengeleentheid kon deelneem nie, word die deurlopende evalueringspunt, tesame met die eksamenpunt wat tydens die tweede eksamengeleentheid in die betrokke module behaal is, as die finale punt in die module behaal, bereken.
  • Die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe pas die bepalings van die Algemene Regulasies toe. Daarvolgens mag ’n student wat ’n beperkte aantal modules uitstaande het ten einde aan graadvereistes te kan voldoen, kragtens fakulteitsregulasies tot ’n spesiale eksamen daarin toegelaat word.

Bevordering tot volgende studiejaar

Gekeurde eerstejaarstudente wat ’n voldoende hoeveelheid eerstesemester-modules op 100-vlak geslaag het, word onderworpe aan die bepalings van die Algemene Regulasies, outomaties tot die tweede semester van die eerste studiejaar toegelaat. Gedurende die tweede semester kan die ontbrekende module(s), op ’n antisemesterbasis geneem word, en eksamen afgelê word, mits die betrokke departement dit as sodanig aanbied en indien daar geen lesing- en eksamenroosterbotsings sal wees nie.

Indien ’n student een of meer eerstejaarsmodules druip, verbeur hy of sy die keuring en moet opnuut aansoek gedoen word om keuring vir die eerste studiejaar.

Modules/vakke met praktiese en kliniese opleidingskrediete kan nie geslaag word alvorens al die voorgeskrewe kliniese ure en praktiese vaardighede tot die bevrediging van die departementshoof voltooi is nie.

 

 

  • 'n Student moet al die voorgeskrewe kernmodules van 'n spesifieke studiejaar slaag ten einde bevorder te kan word tot die daaropvolgende studiejaar. 'n Student kan slegs tot 'n volgende studiejaar bevorder word indien hy of sy nie meer as twee fundamentele modules van sewe weke elk per semester of een module van 14 weke per semester gedruip het nie. ’n Ononderhandelbare voorvereiste vir toelating tot die finale studiejaar is slaagpunte in al die kern- en fundamentele modules van die voorafgaande studiejare.
  • Raadpleeg die Jaarboek vir fundamentele modules in elke dissipline.
  • 'n Slaagpunt verwys na 'n finale punt van minstens 50%.
  • Modules met krediete vir praktiese werk en kliniese opleiding kan nie geslaag word nie, alvorens al die voorgeskrewe kliniese ure en praktiese aktiwiteite tot die bevrediging van die departementshoof voltooi is.
  • Die Voorsitter van die eksamenmodereringsvergadering mag na beoordeling van die student se totale profiel, spesiale toestemming aan die student verleen/toestaan om tot 'n volgende studiejaar bevorder te word.
  • Die uitsondering is die Departement Mensvoeding, waar die regulasies van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe ten opsigte van die modules deur daardie Fakulteit aangebied, van toepassing is.
  • Modules kan slegs vooruitgeneem of herhaal word indien dit in die bestaande eksamenrooster geakkommodeer kan word.
  • 'n Student wat 'n studiejaar herhaal, mag met die toestemming van die Voorsitter van die eksamenmodereringsvergadering en die betrokke departementshoof, toegelaat word om fundamentele modules van die daaropvolgende jaar te neem, mits hy of sy aan die voorvereistes vir die betrokke modules voldoen. Geen aanpassing van bestaande roosters sal toegelaat word nie. Die volgende fundamentele modules is ter sprake:

Departement Verpleegkunde: SLK 110, 120; FSG 251, 252.

  • Departement Fisioterapie: SOH 254; FSG 251, 252, 261, 262, SLK 210
  • ANP 210, GMB 252, 253, 254, FAR 381, 382
  • Departement Arbeidsterapie: ZUL 110; SEP 110; SLK 210, 220;
  • FSG 251, 252, 261, 262; ANP 210; RPD 481; GNK 286
  • Departement Mensvoeding:  FLG 211, 212, 221, 222;
  • BCM 251, 252, 261, 262; FAR 381, 382, VDS 322; VDB 321
  • Departement Radiografie:  FSG 251, 252, 262; GNK 286; ANP 210.

Slaag met lof

Om die graad met lof te verwerf, moet ’n student minstens 75% in (FTP 400) Fisioterapie 400 en (FTP 402) Fisioterapie kliniese praktyk 402 asook ’n gesamentlike gemiddelde van minstens 75% in (RHC 400) Navorsing in gesondheidsorgwetenskappe 400 en (IHL 414, 424) Geïntegreerde gesondheidsorgleierskap 414, 424 behaal.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences