Code | Faculty |
---|---|
11220008 | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 1 jaar |
Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies, word die BChD-graad of ‘n gelykwaardige kwalifikasie met minstens 65% in die finale eksamen in die vak Orofasiale chirurgie, of 'n vak wat as gelykstaande deur die departementshoof beskou word, vereis.
Let wel:
Mondchirurgie: ’n voorvereiste (minstens een basiese vak word vereis – hierdie basiese vakke kan aan die Universiteit van Pretoria of by die Kollege vir Maksillofasiale en Mondchirurgie van die Kolleges van Geneeskunde van Suid-Afrika geslaag word) of enige ander module soos deur die betrokke departement bepaal en deur die Dekaan goedgekeur.
Kontaktyd
Die kontaktyd in die hoof-studierigting word deur die betrokke departementshoof bepaal en deur die Dekaan goedgekeur. Dit sluit sistematiese onderrig sowel as kliniese/praktiese werkopdragte in.
Die eksamen in die basiese vak en dié in die hoofstudierigting mag elke semester afgeneem word. Eksamen mag egter slegs in een vak per semester afgelê word. Ten einde toegelaat te word tot 'n eksamen in die hoofstudierigting moet die student die basiese vak slaag. 'n Finale punt van minstens 50% word vereis om te slaag.
Onderworpe aan uitsonderings goedgekeur deur die Dekaan, op aanbeveling van die departementshoof, mag 'n student nie meer as twee keer 'n eksamen in dieselfde vak in die Nagraadse Diploma aflê nie.
'n Student wat minstens 75% behaal in beide die hoofstudierigting en die basiese vak, verwerf die diploma met lof.
Copyright © University of Pretoria 2023. All rights reserved.
COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal
To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]
Get Social With Us
Download the UP Mobile App