Code | Faculty |
---|---|
10220094 | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 2 jaar |
'n Leergang bestaan uit voorgeskrewe modules en/of ’n navorsingsverslag en word in oorleg met die departementshoof of Voorsitter van die Skool saamgestel. Besonderhede oor die leergang en leerplanne verskyn in 'n brosjure wat op aanvraag van die Departement of die Skool verkrygbaar is.
Studente mag, met die goedkeuring van die Hoof van die Departement Openbare Gesondheidsgeneeskunde of die Voorsitter van die Skool vir Gesondheidstelsels en Openbare Gesondheid, gelyktydig vir Deel I en Deel II van 'n diploma wat oor twee jaar strek, registreer.
Vir toelating tot die Nagraadse Diploma in Tropiese Geneeskunde en Gesondheid, in Beroepsgeneeskunde en -gesondheid en in Openbare Gesondheidsgeneeskunde word die MBChB-graad of ’n gelykwaardige kwalifikasie vereis, met ’n voltooide internskap van minstens een jaar, plus minstens een jaar professionele werkservaring (ná internskap) wat deur die Hoof van die Departement Openbare Gesondheidsgeneeskunde of die Voorsitter van die Skool vir Gesondheidstelsels en Openbare Gesondheid as toepaslik beskou word.
Registrasie as 'n spesiale student in die Fakulteit met die oog op die slaag van 'n statuseksamen
Let wel:
Ingevolge die Senaatskriteria van die Universiteit, moet die aansoeke om toelating van alle sodanige kandidate, afgesien van enige Fakulteitskriteria, ook aan die Senaat van die Universiteit vir goedkeuring voorgelê word.
Alle kandidate wat vir nagraadse studie aanvaar word, (MPH of die nagraadse diplomas) moet in besit wees van ’n Nasionale Senior Sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes.
Ander keuringskriteria
(Elk op ’n skaal van een tot vyf)
Studente moet alle lesings en praktika tot bevrediging van die Departementshoof of die Voorsitter van die Skool bywoon, alvorens hulle toelating tot die eksamen kan verkry en moet skriftelike, mondelinge en/of praktiese eksamens in al die modules aflê en slaag. Alle summatiewe assesserings vir die diplomaprogramme sal ekstern gemodereer word.
Die slaagpunt in voorgeskrewe modules en die summatiewe assessering is minstens 50%.
'n Student wat twee modules of dieselfde module twee keer gedruip het, mag nie sy of haar studie vir ’n diploma voortsit nie, behalwe met die goedkeuring van die Voorsitter van die Skool, op aanbeveling van die Departementshoof.
'n Tweede eksamen in ’n module (insluitende die diplomaspesifieke summatiewe assessering) word in oorleg met die Departementshoof gereël.
Die diploma word met lof uitgereik aan 'n student wat 'n punt van minstens 75% vir die summatiewe assessering en 'n gemiddelde van minstens 75% vir al die ander vereiste modules vir die tersaaklike diploma behaal het.
Gelyktydige registrasie vir twee studieprogramme
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App