Jaarboeke

Program: DGeneeskunde Patologie

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10260111 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 2 jaar

Programinligting

Die graad MD word toegeken op grond van 'n proefskrif en indien die Dekaan dit nodig ag, 'n eksamen wat handel oor die vakgebied van die proefskrif.

Sien ook Algemene Regulasies.

Let wel: Alle MD-studente moet vir (TNM 800) Toegepaste navorsingsmetodologie 800 registreer en dit bevredigend bywoon. (Vrystelling word verleen indien die module reeds vir ’n magistergraad geslaag is.)

Die maksimum tydperk vir die voltooiing van ’n doktorsgraad is vyf jaar. In buitengewone omstandighede kan ’n student skriftelik by die departementshoof aansoek doen om ’n vasgestelde, beperkte verlenging van die tydperk.

Toelatingsvereistes

Om tot studie vir die graad MD toegelaat te word moet die student in besit wees van die MMed- of PhD-graad of ‘n kwalifikasie van gelykwaardige status wat volg op ‘n MBChB-graad – in die geval van Huisartskunde die MMed in Huisartskunde; en in die geval van Farmakologie die MPharmMed-graad van die Universiteit van Pretoria; of die student moet aan die bepalings voldoen soos uiteengesit in die Algemene Regulasies.

 

Navorsing

'n Volledige navorsingsprotokol ten opsigte van die beoogde proefskrif (asook die volledige curriculum vitae van die kandidaat) moet aan die Nagraadse Komitee van die Skool vir Geneeskunde en indien nodig ook aan die Etiekkomitee voorgelê word vir goedkeuring. Die proefskrif moet handel oor ’n probleem uit een of ander gebied van die geneeskunde en moet die promotor en eksaminatore tevrede stel dat dit gevorderde oorspronklike navorsing en/of skeppende werk op die gebied van die geneeskunde is. 'n Oorsig moet gegee word van die literatuur wat oor die onderwerp gebruik is. Die proefskif moet ook ’n beskrywing bevat van die waarnemings en proefnemings wat deur die student gedoen is en 'n bespreking van die gevolgtrekkings waartoe geraak is.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences