Jaarboeke

Publiekreg 200


 
Modulekode PBL 200
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Regsgeleerdheid
Module-inhoud *Vir LLB, BA met spesialisering in regte; BAdmin en BCom regte (a) Inleiding tot staatsregteorieê (b) Basiese beginsels: die reg, die staat en die individu (c) Historiese ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse staatsreg (d) Verskillende elemente van 'n staat (e) Bronne van die Suid-Afrikaanse staatsreg (f) Die grondliggende bepalings, die regsorde en die simbole van die Suid-Afrikaanse staat (g) Samewerkende regering (h) Die nasionale wetgewende gesag (i) Die president en die nasionale uitvoerende gesag (j) Provinsiale regering (k) Die regsprekende gesag (l) Die Suid-Afrikaanse Handves van Regte: Geskiedenis van menseregte in Suid-Afrika, regsfilosofiese en politieke perspektiewe op menseregte, toepassing, beregbaarheid en uitleg van menseregte, jurisdiksie, prosedures en remedies, beperking van menseregte, ontleding van geselekteerde menseregte (m) Staatsinstellings ter ondersteuning van grondwetlike demokrasie (n) Die openbare administrasie (o) Die Suid-Afrikaanse veiligheidsdienste (p) Algemene bepalings
Modulekrediete 20.00
Diensmodules Fakulteit Geesteswetenskappe
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 2 lesing per week
Onderrigtaal Beide Afr en Eng
Akademiese organisasie Publiekreg
Aanbiedingstydperk Jaar

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences