Jaarboeke

isiZulu 210


 
Modulekode ZUL 210
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Geesteswetenskappe
Module-inhoud isiZulu - kommunikasie en grammatika Die verwerwing van gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale, beroepsgerigte en opvoedkundige situasies. Meer uitgebreide woordeskat en gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verhoog. isiZulu - lees en skryf Die skryf van samehangende, idiomatiese en grammaties korrekte tekste om bepaalde idees en informasie oor te dra vir ‘n aantal geselekteerde kommunikatiewe doeleindes. Skryfwerk sluit sowel kreatiewe as reproduktiewe skryfaktiwiteite in. Lees en begrip van tekste wat ‘n redelik uitgebreide woordeskat en redelik groot verskeidenheid taalstrukture bevat. ‘n Aanvang word gemaak met die lees van relatief eenvoudige literêre werke. Studente word ook verder opgelei in die gebruik van die woordeboek.
Modulekrediete 20.00
Diensmodules Fakulteit Opvoedkunde
Voorvereistes ZUL 110, ZUL120
Kontaktyd 1 besprekingsklas per week, 2 lesing per week
Onderrigtaal Dubbelmedium
Akademiese organisasie Afrikatale
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences