Jaarboeke

Spraak-taalpatologie 110


 
Modulekode SPP 110
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Geesteswetenskappe
Module-inhoud

*Geslote – vereis departementele keuring
Definiëring van die beroep en professionele funksies van die spraak-taalterapeut. Historiese oorsig van die ontwikkeling van die beroep en beskrywing van die kliëntebasis. Professionele en etiese standaarde. ’n Oorsig van spraak- en taalafwykings van beide die pediatriese en volwasse kliëntegroepe. Beskrywing van artikulasie-afwykings en fonologiese ontwikkelingsafwykings. Oorsig van die aard en oorsaaklike faktore van hierdie afwykings en die beskrywing van die kenmerke van kliënte met hierdie afwykings. Benaderings tot die evaluering en behandeling van hierdie afwykings. Beginsels van professionele verslagskrywing.

Modulekrediete 5.00
Voorvereistes Toelating tot relevante program
Kontaktyd 2 lesing per week
Onderrigtaal Dubbelmedium
Akademiese organisasie Spraak-Taalpatologie en Oudiol
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences